Laerskool Witrivier is vanjaar 120 jaar oud. Elsabe de Bruyn is deel van die reëlingskomitee. Sy vertel waarna die gemeenskap alles uit kan sien tydens hul vieringe op 1 en 2 Maart.
Oogkundiges toets nie heeldag en aldag mense se oë nie. Annedine Valentyn, 'n oogkundige in Mbombela, sê jy werk met mense (al is daar ook 'n bietjie administrasiewerk wanneer jy eie praktyk het).
Macadamia Services Management stel op 15 Februarie ‘n aanlyn platform bekend om die industrie verder te bevorder. Jo Black gaan ook daar wees, vertel Cobus Kok vir Sonop Ontbyt.
Die AmberMacs Macadamia Expo 2024 vind op 8 en 9 Februarie weer in die Laeveld plaas. AmberMacs bestuurder, Philip Moufarrige, gesels met Sonop Ontbyt.
Die SANParke Ereveldwagters stel vanaand om 18:00 by Umbali die 2024 program vir die Laeveld bekend. Chris Daniel gesels met Sonop Ontbyt oor hoe jongelinge by hulle aan kan sluit.
Soap Galore gebruik olyfolie as basis en verder is dit 100% natuurlik en handgemaak - en eg Laevelds. Frikkie Coetzee vertel meer oor die voordele van die seep, wat geen chemikalieë bevat nie.
Buckets of Blessings is meer as net Ciabattabrood - dit is ook 'n baken van hoop in moeilike omstandighede. Louis Leonard gesels met ons oor hoe hy die onderneming op die been gebring het na hy met MS gediagnoseer is.
Linda Brenchley, 'n plaaslike bedryfsielkundige, is passievol oor beroepsvoorligting, omdat sy self so gesukkel het om haar loopbaan pad te vind. Sy sê egter ouers moenie soveel druk op kinders sit om te oorpresteer nie, of om te jonk al te moet weet wat hulle eendag met hul lewens wil…
Van der Walt Tandartse fokus op kinders se tande wanneer hulle terugploeg in die gemeenskap. Dr. Liezl van der Walt kuier saam met hul Tandemuis-gelukbringer in die ateljee om meer te vertel oor hul borgskappe van mondskerms sowel as hul inkleurkompetisie. Die maandelikse wennertjie mag 'n nie-winsgewende organisasie kies om…
Niandi Coetzee se ma het nog geterg dat sy na die funksie vir topmatrikulante in Mpumalanga genooi word vir haar mooi handskrif. Min het die gesin vermoed die 2023 hoofdogter van Hoërskool Nelspruit sou as die toppresteerder in die provinsie aangekondig word. Haar raad vir vanjaar se matrieks is: Let…
Marlies Liebenberg wat al 32 jaar Barberton haar tuiste noem, is 'n ou bekende in die dorp. 'n Gebore Nederlander was sy ook die eerste vrou om in natuurbewaring vir die Krugerwildtuin te werk. Sy gesels oor die dorp van haar hart en die uitdagings sowel as juwele waarmee hulle…
Hoërskool Nelspruit (NHS) is as die top akademiese skool in Mpumalanga aangewys na die matriekuitslae Vrydag bekendgemaak is. Van hul 250 gr. 12's kwalifiseer 204 vir graadstudie. Hulle het tussen hulle 188 onderskeidings verwerf. Boonop is die hoofdogter, Niandi Coetzee, as die topleerling in Mpumalanga aangewys. Bertus Steyn, adjunkhoof, gesels…
Hoërskool Rob Ferreira se matrieks het 'n slaagsyfer van 98,8% behaal in 2023. Kaila van der Heever spog met agt, Raghav Rajeev met ses en Ruben le Roux met vyf. Hulle het kom kuier in die ateljee.
'n Reuse-stryd wag die naweek op die Suid-Afrikaanse gemengde vegkunsster Dricus du Plessis. Hy kom Sondagoggend 5-uur, Suid-Afrikaanse tyd, in Toronto, Kanada, te staan teen Sean Strickland om die UFC-middelgewig-kampioenskapstitel. Dit is Du Plessis se eerste titelgeveg in die UFC en boonop teen die gevaarlike Amerikaner, wat die verdedigende kampioen…
Van Penryn College se toppresterende matrieks van 2023 het vanoggend in die ateljee kom gesels. Hoof, Michael Eisen, het vir Mayara Mabote, Mpumi Buthelezi en Cilliers Badenhorst vergesel. Die skool het 'n slaagsyfer van 100% en Mayara het sewe onderskeidings. Sy is ook in die top 1% van kandidate landwyd…
Jade Tinker is one of Uplands College’s top achievers for 2023. The school achieved a 100% pass rate with 96% of candidates gaining access for Bachelor’s Degree studies. Jade chats to the Sonop Ontbyt team.
Die Sonop Ontbyt-span het gisteroggend die skitterende musikale talent van Christoph Mans ontdek. Onthou gerus sy naam soos hy traksie vind in die Suid-Afrikanse musiekbedryf.
18 Jan 2024
19 min
460 – 480
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.