Die Mpumalanga Green Cluster Agency, ‘n nie-winsgewende organisasie wat in 2022 gestig is om te help met die billike en regverdige energie-oorgang ondersteun ondernemings wat hul deel doen vir ʼn groener ekonomie. Gift Mkhatshwa vertel meer. Opskud! Inskrywings vir die SMME Green Innovation Challenge sluit Vrydag.
We Care 4 Nelspruit is op 'n missie om 'n einde te bring aan onwettige agterstraat aborsies en die advertering van sinlose "mediese" behandeling - ten einde die algemene publiek te beskerm. TJ Maré gesels met Sonop Ontbyt oor wat jy kan doen.
Fokofpolisiekar is die suksesvolste Afrikaanse rockgroep wat na 24 jaar nuwe aanhangers bly vind. Baskitaarspeler, Wynand Myburgh, gesels op die vooraand van Woofstock met Skedaddle oor die wilde rit waarop die groep steeds is.
Vrydag 6 September is Loslit-dag ten bate van mense met gestremdhede. Thulakahle Khumalo en Tsakani Ndlovu van die Mpumalanga APD gesels oor wat dit vir hulle beteken.
Wat presies behels die tweepot-pensioenfondsstelsel wat 1 September in werking tree? Ilse van Biljon van die Citadel-groep verduidelik hoe dit werk, wie die raak, en wat die implikasies daarvan is.
Die Curriebeker voorlopers, die Bulle, reis môre na die Laeveld om die Airlink Pumas die stryd aan te kom sê. Die spanbestuurder, Sam Sikiwe, sê hulle verwag dat die Bulle 'n punt teen hulle sal wil bewys.
Kiaat Private Hospitaal het die afgelope jare baie gegroei en bied nou alle spesialiteitsdienste. Eda Verster, die bestuurder van die apteek, gesels met Sonop Ontbyt oor hul 10 jaar in die Laeveld. Dié apteek is nou 24/7 oop met 'n gekwalifiseerde apteker wat altyd aan diens is.
Die uitvoerende beampte van Mbombela-gholfklub, Darren Plumb, was onlangs die wenner van die PGA of SA se bestuurstoekenning vir die Gauteng-Noord-streek en ding eersdaags mee om die nasionale toekenning.
Alle voorafbetaalde elektrisiteitsmeters landwyd is geprogrammeer om slegs tot 24 November te werk. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, verduidelik wat jy moet doen om te verseker jy het daarna nog krag.
Die Laeveld-tak van die SACBW beplan 'n pret vroueoggend vir hul Vrouemaand viering in Augustus. Lede Denize Moller en Isaura Cardoso vertel watter waarde dit vir hulle bied om aan hierdie netwerk- en uitreik-organisasie te behoort.
Wat het sake doen in die Laeveld Die Groenteboer, Johan Lerm, tot dusver geleer? Hy deel sy raad.
2 Aug 2024
3 min
240 – 260
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.