Dele van Mbombela en Nkomazi is die afgelope naweek erg beskadig deur storms. Jacques Benade van provinsiale rampbestuur het vir Gerhardt vertel wat hulle die res van die somer van die weerspatrone verwag. Luister hier weer daarna.
Mense met gestremdhede het dieselfde uitdagings as ander, net nog meer. So verduidelik die Mpumalanga Raad vir Mense met Gestremdhede se Steven Mthombeni oor hoekom dit so belangrik is om mense met gestremdhede te help, en hoe groot die vraag na hul dienste is.
Na twee jaar van geen Innibos Kunstefees nie, word daar van 1 tot 5 Desember 'n Bietjie-Bietjie-Bos gehou. Die program is gefinaliseer, en kaartjieverkope open Woensdag. Ongelukkig is daar net 1 800 kaartjies vir elke dag beskikbaar, weens inperkingsregulasies.
De Wet Broodryk was vanjaar die ontvanger van die Hoof te Toekenning by Hoërskool Bergvlam se meriete-aand. Hy en mnr. Deon Visser het vir Ludi en Mireille vertel wat dit beteken.
Die matriekeindeksamen vir die klas van 2021 is hier. Jozelle Grobbelaar, adjunkhoof van leerdersake by Penryn College, sê 2020 was 'n goeie proeflopie vir skole om te leer hoe om leerlinge tydens die pandemie te ondersteun. Sy vind vanjaar se groep het baie angs, veral weens die wisseling tussen fisies…
Die Universiteit van Mpumalanga (UMP) sal vanaf volgende jaar vir die eerste keer doktorsgrade aanbied. Kommunikasiehoof, Tlangelani Ubisi, sê dit sal in landbou sowel as ontwikkelingstudies wees. Hy het vir Ludi en Mireille meer vertel oor UMP se groei.
City Changers Social Services bestaan uit drie dele van diens aan die gemeenskap. Daar is Tamar-restourasiesentrum, hul Celebrate Recovery-inisiatief en His Bounty-projek. Past. Leanie Erasmus en Monique Duvenhage het vir Ludi meer vertel oor hul ondersteuningsdienste.
Die parvovirus, wat katgriep in honde veroorsaak, is dodelik en hoogs aansteeklik, waarsku dr. Christo Nortje van die Van Wijkstraat Dierehospitaal. Hy het vir Ludi vertel hoe doeltreffend inentings teen dit is, wanneer dit op datum gehou word.
4 Eva Young Band het pas hul nuwe enkelsnit, "Ek is net ‘n kind", vrygestel. Hul eie oupas en oumas vertolk in die musiekvideo rolle. Johan van Rooyen, Caitie Rock, Reuben Herbst en Zandri Bezuidenhout het met Gerhardt gesels oor hul 'band"-familie.
Vrydag is die jaarlikse inisiatief om hoede te dra vir kinders wat palliatiewe sorg benodig. Landi Bezuidenhout van Nelspruit Hospice het vir Robin meer vertel oor #HatsOn4CPC.
Hoërskool Lydenburg is amptelik op 27 Julie 1921 gestig. Die skool hou hierdie naweek sy Eeufeesviering. Louise Steenkamp, 'n oud-leerling en afgetrede onderwyser van die skool, het met Gerhardt gesels.
Hoërskool Lydenburg hou hierdie naweek hul Eeufeesviering. Nuwe skoolhoof, Michael van der Merwe, het vir Gerhardt vertel wat sy fokus vir die skool sal wees vir die volgende vyf jaar.
September is Internasionale Alzheimers-bewusmakingsmaand. Elria Erasmus, die senior maatskaplike werker by Alzheimers Mpumalanga, verduidelik vir Amanda wat jy alles moet weet.
Curro Nelspruit en Lowveld High het besluit om saam te span om hul leerlinge se kultuurtalente beter ten toon te stel. Curro se laerskool junior- en seniorkoor gaan daarom nou saam met Lowveld High se koor optree by die koorfees wat hulle saam aanbied in Oktober. Alta Ehrke, Curro se…
Hoërskool Nelspruit se juf. Kriekie Bekker is aangewys as ‘n finalis in Solidariteit se Onderwyser van die jaar-toekenning. Sy het met Gerhardt gesels oor haar passie vir kinders. Luister weer hier na die gesprek.
Hoërskool Nelspruit se juffrou Kriekie Bekker is aangewys as ‘n finalis in Solidariteit se Onderwyser van die jaar-toekenning. Dit poog om merkwaardige onderwysers te vereer vir hul bydrae en harde werk. In elke kategorie is ʼn top-20 aangewys. Stemme van die publiek bepaal nou watter hoërskool- en laerskool-onderwyser as onderwyser…
Voorkoming is die beste teenvoeter vir hondsdolheid, sê dr. Christo Nortje van Van Wijkstraat-dierehospitaal in Mbombela op hondsdolheid-bewusmakingsdag. Daar is nie genesing daarvoor nie, is baie algemeen en endemies aan alle provinsies in die land. Troeteldiere kry dit wanneer hulle in aanraking kom met diere soos meerkatte, muishonde, jakkalse of…
Die nimlike Wiebke Holm (wat feesgangers goed leer ken het by die afgelope jare se Innibos Kunstefeeste) is terug om die Laeveld te vermaak met haar unieke "dinge-teater" soos sy dit noem. Sy het vir Amanda vertel van haar nuwe Rottevanger-persona.
Reg oor die wêreld kry ʼn mens in strate en op pleine musikante wat met ʼn perdekop hul instrumente bespeel. Tydens Bos InniMall kry die Laeveld ook die geleentheid om hierdie perd van nader te beskou. Hy het met Amanda gesels (ons het sy stem vermom om sy mens-identiteit te…
23 Sep 2021
3 min
1020 – 1040
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.