Vir baie mense kom ʼn ADHD-diagnose eers in volwassenheid, nadat jare se uitstel, wanorganisasie en oorweldiging begin opstapel. ʼn Kenner sê die simptome was dikwels reeds in die kinderjare daar, maar is eenvoudig nie raakgesien of begryp nie.
“Ek wil mense graag weer herinner aan waar ons vandaan kom. Nie om in die verlede te leef nie – ek dink dit is belangrik om op die toekoms te fokus – maar eerder sodat mense besef dat ons voorouers ons die geleentheid gegee het om te wees wie ons…
Carley se jongste enkelsnit, “Wag vir jou”, is meer as net nog ʼn liedjie. Ná haar oorwinning in ʼn talentkompetisie, ʼn droomreis wat wink en selfs ʼn rol in ʼn internasionale huldeblykvertoning, wys die 18-jarige sangeres dat haar musiek saam met haar grootgeword het.
Om kinders groot te maak is nie net ʼn werk vir die skool of ʼn werk vir ouers nie. “Dit is regtig ʼn vennootskap,” sê die onderwysnavorser Johnell Prinsloo in Maroela Media se ateljee.
“Elke keer wat ons vir die Here sing, elke keer wat ons ons fokus rig na die troon, sit ons ʼn hemelse kultuur hier op aarde. En soveel te meer in ons eie taal.”
“Dis ʼn goeie idee om, voordat julle aftree, behoorlik te gesels oor wat elkeen se verwagtings oor aftrede is, want daar is ʼn groot kans dat die idees nie met mekaar strook nie. Deur dit te bespreek, kan albei se behoeftes in ag geneem word en verseker word dat die…
Om die regte skool vir ʼn kind op die outismespektrum te kry, kan ʼn reuse-uitdaging wees as ʼn ouer nie weet waar om te begin nie, sê prof. Suzanne Bester.
Christia Visser het haar jongste digbundel, “Vir weer”, geskryf terwyl sy deur ʼn egskeiding gegaan het. Sy probeer sin maak van verlies, verandering en van voor af begin, en met die digitale bundel deel sy haar “rouste vorm” met luisteraars.
Die besluit dat een ouer tuisbly om kinders groot te maak, klink vir baie gesinne na die ideale oplossing. Huweliksberader Louise Ehlers waarsku egter dat dié reëling dikwels onbedoelde druk op ʼn huwelik kan plaas.
Skoolgeld bly vir baie Afrikaanse skole die verskil tussen oorlewing en agteruitgang. Tog verstaan ouers nie altyd hoe afhanklik openbare skole van dié inkomste geword het nie. Dít is die fokus van die jongste episode van die #SkoolSlim-podsending waarin dr. Leandie Bräsler van die Skoleondersteuningsentrum met Carl van Rooyen, prokureur…
Afrikaanse skole staan onder toenemende finansiële en regulatoriese druk, terwyl staatssteun afneem en administratiewe vereistes toeneem. In dié episode van "SkoolSlim" gesels dr. Leandie Bräsler met Melanie Buys, hoof van ontwikkeling by die Skoleondersteuningsentrum, oor waarom langtermyn finansiële beplanning noodsaaklik geword het vir skole wat volhoubaar wil bly.
“By ‘Bemagtig ʼn kind’ bou ons doelbewus ʼn brug wat kinders help om uitdagende omstandighede oor te steek na ʼn toekoms vol hoop, stabiliteit en geleenthede. Ons glo alle kinders verdien ʼn regverdige kans om hulle volle potensiaal te bereik.”
“Die moeilikste deel van die proses is om te vergewe en weer vertroue op te bou. Absolute eerlikheid van albei se kant af is ook nodig vir die herstelproses.”
Agter elke matriekpunt skuil ʼn storie van harde werk. Hugo Vermeulen, hoof van opleiding by die SOS, het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor die erkenning vir die land se top- Afrikaanse matrikulante en uitvind wat hul sukses vir skole en gemeenskappe beteken
28 Apr
10 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.