GROOTfm 90.5 Annelie Bouwer

Annelie Bouwer

#BrunchMetAnnelie vermaak jou weeksdae van 9 tot 12, en Annelie Bouwer is die vurige aanbieder wat vasbeslote is om aan die wêreld te bewys dat rooikoppe inderdaad meer pret het! Annelie is lief vir die lewe en alles daarin – die goeie, die slegte, en natuurlik die snaakse. Sy is oortuig daarvan dat lag werklik die beste medisyne vir enigiets is en kies om die positiewe en ligter kant van die lewe te sien. Sy is passievol in die krag van radio en weet dat alhoewel dit pret kan wees, dit met groot verantwoordelikheid gepaard gaan. Annelie is ernstig daaroor om 'n verskil in die gemeenskap te maak. Sy inspireer luisteraars spontaan en moedig mense aan om hul ingesteldheid te verander van; "Ek kan nie help nie, want ..." tot, "Miskien kan ek dit nie doen nie, maar hier is wat ek KAN doen!" Annelie het ook 'n talent om op 'n persoonlike, onkonvensionele en vermaaklike manier met haar luisteraars te verbind. Sy laat mense op hul gemak voel – of jy nou 'n gas in die ateljee of luisteraar is. Diep en betekenisvolle oomblikke word gedeel tydens #LOSITBETER en #SpreekLewe. Die bekroonde “Kom Ons Praat Daaroor”-geselsprogram vorm ook deel van #BrunchMetAnnelie. Die meeste mense is van mening dat ontbyt die belangrikste maaltyd van die dag is, maar Annelie sê brunch is! Veral as dit deur hierdie rooikop bedien word! Smaaklike ete!
Weekly Afrikaans South Africa Music
444 Episodes
440 – 444

#Grootskerm - The Snowman

Regisseur: Tomas Alfredson Skrywers: Matthew Michael Carnahan, Hossein Amini, Peter Straughan Akteurs: Michael Fassbender, Rebecca Ferguson, Chloë Sevigny, Val Kilmer Annelie gee hom 'n 1.5 uit 5! The Snowman (gebaseer op die Noorweegse skrywer Jo Nesbø se boek met dieselfde naam) volg speurder Harry Hole (Fassbender) wat op 'n reeksmoordenaar…
21 Oct 2017 5 min

GROOTSKERM - The Big Sick - 14 Oktober 2017

Regisseur: Michael Showalter Skrywer: Emily V. Gordon; Kumail Nanjiani Akteurs: Kumail Nanjiani, Zoe Kazan, Holly Hunter, Ray Romano Annelie gee hom 'n 3 uit 5! THE BIG SICK is geskryf deur en losweg gebaseer op die ware verhaal van Kumail Nanjiani en Emily V. Gordon. Dit gaan oor ʼn Pakistanse…
14 Oct 2017 3 min

#Celebvat5 Deon Groot

Deon Groot was 'n Groot sport en het aan Annelie Bouwer se #Celebrityvat5 deelgeneem op haar nuwe program #5to9metAnnelie. Hy moes 5 van haar snaakse vrae antwoord bv. Wie sal wen as Batman en Ironman teen mekaar sou baklei en hoekom?
7 Oct 2017 3 min
440 – 444