Radio Tygerberg 104FM Draaipunt I Liomee Vosloo

Draaipunt I Liomee Vosloo

Draaipunt is 'n getuienisprogram en word aangebied deur Liomee Vosloo. Die program word op Vrydagaande om 21h00 uitgesaai, met ‘n herhaling op Sondae om 17h30. Mense deel hul ervarings en hoe dit 'n draaipunt in hul lewens en hul verhouding met God teweeg gebring het.
Weekly Afrikaans South Africa TV & Film
374 Episodes
340 – 360

Louis Cordier

Hoeveel keer wou jy as ouer van 'n kind wat dwelms of drank gebruik al tou opgooi? Kom luister na hierdie kragtige getuienis en besef net weer God is in beheer
22 Jan 2016 12 min

Ivan Koopman

As matriekleerling word Ivan deur sy ouers gedwing om uit te spring en te gaan werk soek, in sy skoolbaadjie. Ivan wil graag verder studeer, maar die lewe loop met hom 'n ander draai. Word geïnspireer deur sy roerende Draaipunt getuienis
15 Jan 2016 12 min

Surita Cowley

Hoe oorleef 'n mens as jou enigste seun, 'n pragtige jongman ontvoer en wreed vermoor word? Surita getuig dat God binne haar groter is as die seer in haar.
18 Dec 2015 13 min

Raymond en Dominique Lombard

Gestel 'n man en vrou baklei gedurig en die man stuur op 'n dag ' sms aan sy vrou dat hy nie weer huistoe kom nie. Boonop trek hy daardieselfde dag in by 'n ander vrou. Is daar hoop vir die huwelik? Kom hoor hoe God 'n groot werk gedoen…
23 Nov 2015 13 min

Melissa du Toit

Dink jou in hoe jy as ouer sal voel as jou fris gesonde matriekseun na'n griep skielik binne ure feitlik hulpeloos word. Melissa du Toit deel hulle gesin se krisistyd met jou.
20 Nov 2015 13 min

Gabriel Venter

Het jy 'n begeerte om deur God gebruik te word? Wees jy net die pyp waardeur die Lewende water vloei en staan terug en kyk hoe God 'n wonderwerk doen.
16 Oct 2015 11 min

Jacques Groenewaldt

Are you defined by what you are; an alcoholic, a drug addict, a homosexual or lesbian? Jacques had to come to a point where he realized that who he is in Christ overrules any other label or definition that the community puts on you.
9 Oct 2015 17 min

Elroy Lemon

Het jy 'n kind wat jou teleurstel, middel-afhanklik is en so afdraend is dat jy al hoop laat vaar het dat hy of sy ooit gaan verander? Gelukkig is daar omdraai-kans by God. Luister op potgooi na die kragtige getuienis van Elroy Lemon en skep moed.
2 Oct 2015 10 min

Eugene Visser

Pragtige jongman, Eugene Visser, getuig hoe hy na sy ouers se egskeiding begin dwelms gebruik het en later moes steel van sy werkgewer om sy gewoonte te onderhou.
25 Sep 2015 11 min

Clive Petersen

Clive Petersen suffered severe depression after he lost his job. His story is an example of how God can come through even the toughest circumstances.
18 Sep 2015 10 min

Senso Xaba

Senso Xaba getuig hoe God hom van dwelms bevry het. Hy is tans by 'Concerned Young People's Organization'
18 Sep 2015 10 min

Pst Emmie Swanepoel

Pastoor Emmie Swanepoel se kragtige getuienis van hoe God haar genees het van depressie
11 Sep 2015 11 min

Sonia Adams September

'N Liefdesbrief bring die dood na die deur. Sonia kry 'n liefdesbrief uit die gevangenis en begin 'n vriendskap wat haar duur te staan kom. Maar God bring genesing
28 Aug 2015 12 min

Pst Vuyo Niyabaza

Gewapende roof, transito roof; noem dit daar. Hierdie geweldsmisdadiger het vrees ingeboesem by mense, tot die dag dat God sy pad kruis. Wat 'n kragtige getuienis!
7 Aug 2015 13 min

Nicolette van Niekerk

Van jongs af was Nicolette geteister deur siekte en die prognose van dokters was uiters negatief. Genesing kom op 'n verrassende wyse na haar toe tydens 'n kerkdiens. Tog moes Nicolette nog deur 'n fase van diep donkerte gaan voordat sy ook geestelike genesing ontvang.
10 Jul 2015 12 min

Petrus Landman

Petrus Landman se lewe getuig van God se tydsberekening. Hy kry ’n hartaanval in die hospitaal waar hy besig is om traktaatjies uit te deel. Hy getuig ook van ’n engelbesoek in sy lewe
18 Jun 2015 9 min

Bianca Janse van Rensburg

Bianca Janse van Rensburg en haar man en kind was ver van die Here en het demoniese aanslae en donker magte ervaar in hulle huis, tot die dag dat sy haar hart vir die Here gegee het. God maak alles nuut
11 Jun 2015 12 min

Juan Nel

As rebelse jongman het Juan Nel op Durban se strate geroep na ’n God wat hy nie geken het nie. Min het hy geweet dat God ’n deurmekaar dwelmverslaafde kan gebruik as kragtige instrument in ’n gemeente.
5 Jun 2015 12 min

Naomi Engelbrecht

Naomi Engelbrecht: Tien jaar gelede het Naomi en haar gesin die Here vertrou vir ’n huis. Min het hulle kon droom dat God vir hulle klaar die huis van hulle drome in Sy visier het
5 Jun 2015 12 min

Wesley Fourie

Wesley Fourie moes op ’n dag die diagnose hoor dat daar ’n kankergewas in sy brein is. Die prognose was baie swak, maar God het ’n ander plan met sy lewe gehad.
4 Jun 2015 12 min
340 – 360