Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
13,676 Episodes
780 – 800

Mark baie ontevrede met Motus

Ockert Janse van Rensburg, uitvoerende hoof van Motus, bespreek die groep se finansiële resultate en sê daar was min vertroue in die mark, en dat vertroue eers begin toeneem het toe die rentekoers verlaag is.
27 Feb 11AM 8 min

Lae PGM-pryse snoei Implats se wins

Impala Platinum het vandag sy tussentydse finansiële resultate bekend gemaak. Die uitvoerende hoof, Johan Theron, bespreek die resultate.
27 Feb 11AM 7 min

Momentum kry momentum

Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, gesels oor Momentum se handelsverslag en AB InBev se finansiële resultate.
26 Feb 10AM 6 min

Inflasie kruip op tot 3,2%

Die onafhanklike ekonoom Elize Kruger bespreek Suid-Afrika se inflasiekoers met die nuwe inflasiemandjie en haar vooruitsig vir inflasie.
26 Feb 10AM 8 min

Wat gebeur by die G20-beraad?

Martie Janse van Rensburg, tussentydse voorsitter van die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (DBSA) gesels oor die G20-beraad.
26 Feb 10AM 8 min

Die kabinet sê wéér nee vir hersiene begroting

Old Mutual se hoofekonoom, Johann Els, deel sy insigte oor die hersiene begroting en sê dat daar geen verswakking moet wees in vergelyking met wat die begroting verlede week gewys het nie.
25 Feb 10AM 8 min
780 – 800