Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
13,617 Episodes
240 – 260

E-handel stoot Naspers, Prosus se winste skerp hoër

Naspers en Prosus het vandag winssyfers vir die boekjaar tot einde Maart bekend gemaak. Die omset is 20% hoër, en die wesensverdienste bykans 50% hoër. Nico Marais, finansiële hoof van Naspers, verduidelik die groep se finansiële prestasie.
23 Jun 1PM 13 min

Hoe tegnologies is die gemiddelde Iranees?

Pieter Geldenhuys, toekomskundige en direkteur by die Instituut vir Tegnologie Strategie en Innovasie, verbonde aan die DaVinci-sakeskool, gesels oor die gebruik van tegnologie in Iran.
23 Jun 12PM 7 min

Die markte hoor nie bomme nie

Theo Vorster, medestigter van Galileo Capital, bespreek die markreaksie op die VSA se aanvalle op Irannese kernaanlegte, die oordrag van Dis-Chem-aandele aan twee van die stigter se seuns, en WeBuyCars se planne om nuwe motors te verkoop.
23 Jun 12PM 9 min

Markoorsig

Bernard van Wyk – hoof van navorsing en fondsbestuur, Kruger Internasionaal
20 Jun 11AM 11 min

Die huurmark tel sy kop op

PayProp se jongste huurindeks wys dat die mark in die eerste kwartaal van die jaar sy beste prestasie sedert 2017 beleef het. Andre van Rooyen van PayProp vertel ons meer.
19 Jun 11AM 9 min
240 – 260