OFM OFM Agri Hour

OFM Agri Hour

The Agri Hour with Gerben van Niekerk is OFM's flagship agriculture programme. Tune in, weekdays 5 - 6am.
Daily English South Africa Business News · Business
5,670 Episodes
4600 – 4620

Oos-Vrystaat kry 'n veiligheidsentrum

AfriForum gaan 'n Oos-Vrystaatse gemeenskapsentrum vir veiligheid op plase en dorpe oprig, sê AfriForum se voorsitter in Bethlehem, Isoldé Laesecke.
13 Feb 2018 10AM 5 min

'Nou reën dit lekker'

Willem de Chavonnes Vrugt, boer van Setlagole en adjunkpresident van Agri Noordwes, gesels oor die lekker reën wat in dié provinsie begin val het.
13 Feb 2018 10AM 1 min

'Ons is dankbaar oor die reën'

Die boer en regsman, Thabo Bosman van Petrus Steyn, gesels met Pieter Möller oor die landboutoestande in sy geweste.
12 Feb 2018 1AM 5 min

Buffel-boek sien die lig

Pieter Möller gesels oor 'n buffeljoernaal, The Buffalo in Southern Africa, wat onlangs vrygestel is. Dit is vir buffelboere én voornemende buffelboere.
12 Feb 2018 12AM 1 min

Waterbestuur verder bespreek

Ons gesels met Agri SA se hoof van natuurlike hulpbronne, Janse Rabie, oor die owerheid se planne vir die bestuur van opvangsgebiede.
12 Feb 2018 12AM 3 min

'OB moet Vrede-verslag hersien'

Die DA in die Vrystaat sê die OB moet haar ondersoekverslag oor die Vrede-melkery hersien. Ons gesels met DA-wetgewerlid, Roy Jankielsohn.
12 Feb 2018 12AM 2 min

Heuningkrans hou op 22 Februarie veiling

Pieter Möller gesels met die bekende merinoteler, Eddie Prinsloo, van Smithfield oor die boerdery-omstandighede in sy geweste en oor sy groot, jaarlikse veiling wat vandeesmaand gehou word.
9 Feb 2018 7AM 4 min

Daar's goeie nuus oor landbou-onderrig

Ons gesels met die SA Landbou-onderwysersvereniging (Salov) se ondervoorsitter, Frik Steenkamp, oor die Senwes-Salov-jaarkongres wat pas in Klerksdorp gehou is en oor goeie nuus in die landbou-onderrigsektor.
6 Feb 2018 11AM 6 min

Ondersoek oor bek-en-klou

Pieter Möller gesels oor 'n ondersoek wat die rooivleisbedryf na die voorkoming van bek-en-klouseer gedoen het.
5 Feb 2018 11AM 1 min
4600 – 4620