Onsekerheid oor die aanbieding van die Drakensberger-telersgenootskap se nasionale veiling het daartoe gelei dat dié genootskap alternatiewe wyses ondersoek het om af te wyk van die tradisonele wyse van aanbieding. Henk Delport, adjunkpresident van die Drakensberger-telergenootskap, sê hulle het besluit om 'n aanlyn nasionale veiling te hou. Dié veiling wat…
GWK Veilings en Wildswinkel het kragte saamgesnoer en hul omvattende kennis in die veilingsbedryf gekombineer om 'n splinternuwe aanlynplatform vir lewende hawe daar te stel. Hulle het die GWK Veewinkel-toep bekendgestel. Willie Meyer, hoof van GWK Veilings, sê dit is 'n platform wat virutele, aanlyn-veeveilings moontlik maak. Dit is gerieflik…
Hy praat oor volhoubare kosproduksie wat steeds 'n sterk strategiese dryfveer is. Laubscher meen dit sal verkeerd wees as die Covid-19 pandemie soveel aandag geniet dat daar vergeet word van die veelvuldige ander uitdagings wat die mensdom in die gesig staar. Een daarvan is die feit dat die wêreld nie…
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as…
Boere trek aan die kortste ent weens die tekort aan diesel in die land. Kobus van Zyl, 'n boer van die Allanridge/Wesselsbron-distrik in die Vrystaat, sê produsente sukkel om diesel in die hande te kry en daar word verskeie verskonings aangebied. Dit sluit onder meer in diefstal in die pyplyn…
Lede van die Drakensberger-beestelersgenootskap het nie twee keer gedink om droogtehulp te verleen aan medevoere in nood nie. Henk Delport, adjunkpresident van dié genootskap, sê daar is 'n noue band tussen die genootskap se lede en toe die noodkrete van boere in die Kalahari en Namibië begin instroom, het die…
Die nie-winsgewende maatskappy, Boere Droogtehulp SA, stoom voort om hulp aan landbougemeenskappe in dorre gebiede van die Noord- en Oos-Kaap te verleen. Chris van Beljon, stigter van dié maatskappy, sê hulp is deurlopend sedert die aanvang van die nasionale Covid-19-inperkingstydperk aan boere verleen. Hoofsaaklik veevoer is versprei in dié gebiede,…
Die Suid-Afrikaanse wildbedryf is dankbaar dat hulle 'n tree vorentoe kan neem danksy die verbod op die binnelandse jag van wild, wat opgehef is. Die jag van wild is in die vroeë inperkingstydperk weens die Covid-19-pandemie verbied, maar dit kan nou in vlak 3 weer geskied. Wiaan van der Linde,…
The Red Meat Industry Forum (RMIF) has taken note of the urgent interdict by the National Council of SPCA's (NSPCA) to prevent the export of livestock from South Africa to the Middle East. The RMIF says it has a direct and substantial legal interest in the matter and might even…
As per usual on a Tuesday, Wandile Sihlobo, chief economist at the Agricultural Business Chamber of South Africa, Agbiz, provides a weekly insert to OFM News' The Agri Hour, on the South African agricultural markets.
Die Suid-Afrikaanse aanlynverhandelingsplatform, Beeswinkel, wat plaaslik al goed gevestig is, brei nou uit na Namibië. Petrus van Heerden, 'n direkteur van Beeswinkel, sê die eerste kommersiële stilveiling vir Namibiese boere vind volgende week aanlyn plaas. Die teikenmark is boere wat speenkalwers aanbied wat hulle op die veld vir slagdoeleindes, afgerond…
Grasbrande hou dié brandseisoen 'n groot gevaar in vir die Vrystaat. Dit is weens die veld se lading wat hoog is. Weiding en grasveld is ook welig. Daarmee saam wil dit voorkom of die brandseisoen ook reeds aangebreek het in die Vrystaat. Dit nadat verskeie van dié brande verlede week…
Die aanlynverhandelingsplatform, Beeswinkel, sprei nou sy vlerke na Namibië. Petrus van Heerden, direkteur van Beeswinkel, sê hulle is deur boere in Suid-Afrika se buurland genader om ook soos in Suid-Afrika doeltreffend deur middel van aanlynveilings met mekaar handel te kan dryf. Hy sê Beeswinkel, wat al vir meer as twee…
In our Friday insert, only on OFM News' Agri Hour, Christal-Lize Muller speaks to the editor of Farmer’s Weekly, Denine Erasmus, about the latest news in the agricultural industry covered in the magazine and on its website…
Min grootskaalse skade is Woensdag deur verskeie brande regoor die Vrystaat aangerig. Met die kouefront vanaf die Kaap wat nou in die sentrale binneland bibberweer veroorsaak, was daar Woensdag sterk winde. Verskeie grasbrande het in die Mangaung en Matjabeng munisipale gebiede voorgekom. Die algemene bestuurder van die sambreelliggaam vir brandverenigings…
Die verwagte kouefront, wat reeds sy kloue met 'n stewige greep in die Wes-Kaap en Oos-Kaap ingeslaan het, en na verwagting die sentrale binneland vandag tref, kan voordelig wees veral in winterreënvalgebiede waar die droogte sy tol geëis het. Dit sluit gebiede soos die Wes-Kaap en ook gedeeltes van die…
Hy sê die landboubedryf is onontbeerlik, maar hy glo dié bedryf sal anders moet deelneem aan die herstel ná die Covid-19-pandemie. Dit is 'n gegewe dat landbou ‘n kernveranderlike vir enige ekonomiese herstelplan is, maar dié posisie moenie as vanselfsprekend beskou word nie. Laubscher meen landbou bly ‘n sogenaamde tradisionele…
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n…
Die landboubesigheid, NWK, moedig produsente en gemeenskappe aan om goed te beplan noudat goeie graanoeste verwag word. Theo Rabe, hoof uitvoerende beampte van NWK, sê boere in Noordwes, waar dié landboubesigheid diep wortels het, is baie geseënd en dankbaar ten opsigte van die goeie oeste wat gelewer word, veral nadat…
In die program vanoggend: NWK, produsente pak kosnood in gemeenskappe aan Suidwes Landbou vra produsente vir witmielie-graanskenkings Vryheidsfront Plus sien rooi oor regering se #Covid19-regulasies
9 Jun 2020 11PM
59 min
3080 – 3100
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.