Maroela Media Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal

Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal

In “Strandloper 2” wag nuwe kinkels en onthullings in Bloubaai. Ná die dramatiese skote van die eerste reeks moet Dylan sy pad vorentoe vind. Mauritz staan voor ʼn lewensveranderende besluit, terwyl Nicolien se soektog na haar pa verdiep. Stefan delf verder in die geheimsinnige duikdood van Mauritz se pa, en Jack de Wet veroorsaak opnuut onmin. Te midde van die feestelikhede vir Afrikaans Amptelik 100 bars ʼn bom wat almal verstom, en die dorp skinder lustig voort.
“Strandloper 2” is ʼn radiovervolgverhaal uit die pen van Bettie Kemp en Henriëtta Gryffenberg. Die verhaal van 120 episodes word deur Bettie, in samewerking met Maroela Media, vervaardig.
Afrikaans South Africa Drama
120 Episodes
100 – 120

Strandloper 2 – Episode 101

Engela en Visstok se gesellige braaivleis word deur Willie onderbreek … en Visstok moet dringend vertrek. Willie het nuus vir Engela oor sy toekoms wat haar sprakeloos laat.
Season 1 / Episode 101 12 min

Strandloper 2 – Episode 102

Tannie Ouvrou is verstom oor die nuus wat Tant Betta oor Willie het. Engela moet vir Tannie Ouvrou ʼn baie ongemaklike opdrag namens Jack gee. Oom Fred verloor sy humeur oor Jack se optrede en hy maak ʼn onrusbarende voorspelling.
Season 1 / Episode 102 11 min

Strandloper 2 – Episode 103

Tant Betta gee vir Dylan bestuurslesse op die verlate vliegveld. Sy gebruik die kans om meer van Estelle se doen en late te probeer uitvind. Gebeur daar meer dinge by die vliegveld as net bestuursklasse? Het dit iets te doen met Jack se helikopter waarvan sy en Dylan in die…
Season 1 / Episode 103 12 min

Strandloper 2 – Episode 104

Die stootskrapers is aan die werk by die hawe en ʼn deel van die ou Bloubaai verdwyn. Die dorpenaars probeer ʼn plan van aksie bymekaarsit vir ʼn ontstellende voorstel wat op die owerhede se tafel is. Stefan het nuwe planne rondom die wrak wat hy dophou.
Season 1 / Episode 104 12 min

Strandloper 2 – Episode 105

Nicolien draf Stefan by die hawe raak en hy gee haar ʼn meesterklas in die skuiwe wat hy, Willie en kaptein Van Niekerk die afgelope paar dae rondom die wrak en Jack se helikopter gemaak het. Stefan is nie verniet ʼn baie goeie skaakspeler nie.
Season 1 / Episode 105 12 min

Strandloper 2 – Episode 106

Tannie Ouvrou kry die skok van haar lewe toe ʼn onverwagte besoeker by die Son en See opdaag. So amper bederf Tant Betta ʼn groot verrassing vir Nicolien, wie se lewe dramaties verander toe die losieshuis se spensdeur oopgaan.
Season 1 / Episode 106 11 min

Strandloper 2 – Episode 107

Daar’s ʼn groot viering by Engela se huis en Visstok ontpop in ʼn ster. Tannie Ouvrou en Willie deel in die viering, en net toe dit lyk of dinge nie beter kan gaan nie, lui Engela se selfoon met ontstellende nuus.
Season 1 / Episode 107 12 min

Strandloper 2 – Episode 108

Nicolien en Mauritz se besoek aan die strand herinner hulle aan vorige gelukkige tye saam. Nicolien kry ʼn oproep van Stefan met ʼn ongemaklike vraag. Toe sy Mauritz daaroor konfronteer, skok sy antwoord haar.
Season 1 / Episode 108 12 min

Strandloper 2 – Episode 109

Oom Fred kry ʼn les in Afrikaaps by Dylan, en daar’s nog meer wat hom verras by die nuwe DYLANS. Willie bring ʼn geskenk wat Dylan se hart laat bokspring. Die nuus oor Jack se helikopter en die geheime besendings neem nuwe afmetings aan.
Season 1 / Episode 109 11 min

Strandloper 2 – Episode 110

Visstok probeer by Engela uitvind oor die jongste nuus oor Jack se verdwyning. Hy’s net betyds om haar uit ʼn moeilike situasie te red. Dan bring Willie skokkende nuus oor Jack vir Engela.
Season 1 / Episode 110 12 min

Strandloper 2 – Episode 111

Tannie Ouvrou en Oom Fred doen wat die Bloubaaiers graag doen: om laatmiddag langs die strand te gaan stap, waar jy die jongste nuus kry. Dylan se vertonings by die koffiekiosk kry momentum, en die kliënte kry werklik “meer as net koffie” by DYLANS.
Season 1 / Episode 111 12 min

Strandloper 2 – Episode 112

Nicolien se wekker lui donkernag vir die groot verrassing wat Mauritz haar belowe het. Dit blyk ʼn goeie een te wees wat haar stoutste verwagtings oortref. Daar is egter ʼn ding wat Nicolien pla en waaroor sy en Stefan lank gewonder het.
Season 1 / Episode 112 14 min

Strandloper 2 – Episode 113

Oom Fred hou weer een van sy gesellige kabeljou-braaie en die aand lewer meer op as net lekker vis. Dylan vermaak almal met bokkomstories. Mauritz deel die nuus wat in Oom Eric se brief staan met Nicolien … en sy maak ʼn hartseer bekentenis aan hom.
Season 1 / Episode 113 11 min

Strandloper 2 – Episode 114

Engela verstel Visstok se klere, wat sigbaar baie gewig verloor, toe Willie daar aankom met nuus oor Jack, wat haar grootste vrese bewaarheid. Tant Betta snuffel by Willie oor Estelle se planne, en sy gee vir Engela die beste nuus van die dag.
Season 1 / Episode 114 11 min

Strandloper 2 – Episode 115

Bloubaai is in rep en roer, en die skokkende nuus van Jack trek ver en wyd. Tannie Ouvrou is druk besig met die kerkbasaar se reëlings, en sy word tot trane geroer toe Dylan en Oom Fred hulle skenkings bring.
Season 1 / Episode 115 12 min

Strandloper 2 – Episode 116

Willie en Engela woon Visstok se danssessie by, en dis byna asof die goeie ou dae tussen hulle terug is. Visstok steek egter sy kleim met selfvertroue af, maar Engela laat hom vir die eerste keer in jare sprakeloos met haar vraag.
Season 1 / Episode 116 13 min

Strandloper 2 – Episode 117

Dis Dylan se groot dag van sy eerste televisie-uitsending – ’n groot gebeurtenis vir die dorp. Engela probeer Dylan oortuig dat hulle meer bemarking vir hom en sy vertonings moet doen, maar hy oortuig haar met ʼn vinnige vertoning daar en dan.
Season 1 / Episode 117 12 min

Strandloper 2 – Episode 118

Engela en Dylan skiet bemarkingsmateriaal vir TikTok by die hawe, en hy wys weer hoekom hy ʼn topkunstenaar is. Oom Fred kry ʼn besoek van Engela: Sy soek ʼn antwoord by hom oor ʼn groot vraag wat sy hom gevra het.
Season 1 / Episode 118 12 min

Strandloper 2 – Episode 119

Willie besoek Tannie Ouvrou by die losieshuis en sy onskuldige vraag laat haar groot skrik. Hulle deel ʼn paar spesiale oomblikke. Nicolien probeer Mauritz beïndruk met ʼn ongelooflike, ware seestorie … maar dis Mauritz wat ʼn uitklophou aan die einde plant.
Season 1 / Episode 119 12 min

[Slot-episode] Strandloper 2 – Episode 120

In die slotepisode van die reeks maak Tannie Ouvrou haar spesiale seewierjellie en Oom Fred koop vonkelwyn, want daar’s ʼn groot viering in die Son en See vanaand. Nicolien is ontsteld oor die jongste onthullings, maar Mauritz sorg dat alles eindig met trane van blydskap.
Season 1 / Episode 120 13 min
100 – 120