Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
940 – 960

BoN stuur verskeie inisiatiewe van stapel

Die Bank van Namibië het onlangs sy 35ste bestaansjaar gevier met die loods van nuwe banknote en munstukke maar, die sentrale bank sê 'n reeks inisiatiewe onder die tema "Geanker in Stabiliteit, Vooruitgang met Transformasie" insluitend jeugprogramme, openbare betrokkenheidsaktiwiteite en beleidsdialoë is op pad om ekonomiese bewustheid en inklusiewe groei…
1 Aug 2AM 1 min

Trump se tariewe draai in die hof

Dit gons internasionaal oor die sperdatum vandag vir Amerikaanse president Donald Trump se handelstariewe, met sy oorspronklike belofte van 90 ooreenkomste in 90 dae wat nie vervul is nie. Daar is egter 'n hofsaak in die Amerikaanse appèlhof aan die gang wat die wettigheid van die tariewe uitdaag, en volgens…
1 Aug 1AM 1 min

SA-regering verwelkom SARB se verlaging van koers

Die regering verwelkom die besluit van die Suid-Afrikaanse Reserwebank om die terugkoopkoers met 25 basispunte tot 7 persent te verminder. Hy sê dit sal die druk op sukkelende huishoudings verminder. Dit word verwag dat die rentekoersverlaging leningskoste sal verlaag, beleggings sal stimuleer en ondernemings ondersteun. Die regeringswoordvoerder Nomonde Mnukwa, sê…
1 Aug 1AM 1 min

Daar’s afwagting vir die Augustus brandstofprys

Die komitee in die energie-ministerie wat die brandstofpryse bepaal sou na verwagting Donderdagmiddag vergader het. Kommentators is versigtig optimisties, maar weens wisselvallige globale ekonomiese tendense heers daar onsekerheid. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Josef Sheehama gepraat.
1 Aug 1AM 1 min

Etunda kry reuse-voerkraal, deel van wyer EU-bystand

Die sooispitseremonie vir 'n 80 miljoen Namibiese dollar voerkraal vir 1 000 beeste by Etunda in die Omusati-streek is deur landbouminister Inge Zaamwani en dr. Kaire Mbuende, die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, behartig. Die fasiliteit vorm deel van die Europese Unie-Namibië-vee-ondersteuningsprogram wat daarop gemik is om veeproduksie in die…
1 Aug 12AM 1 min

Goudprys sal verder styg, meen ekonoom

Die goudprys het die afgelope weke bestendig vertoon, te midde van breër ekonomiese onsekerheid. Die kommoditeit verhandel rondom 3 200 en 3 300 Amerikaanse dollar per fyn ons na ‘n skerp styging in die afgelope maande. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie ontvang van die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper.
1 Aug 12AM 1 min

Johannesburg stort ineen, G20-beraad kom in November

Die DA het alarm gemaak oor die voortgesette ineenstorting van die Stad Johannesburg en waarsku daar is min verbeterings aangebring voor die G20-beraad in November. Die party sê inwoners worstel steeds met droë krane, gevaarlike strate en mislukte infrastruktuur, sonder sigbare bewyse van die sogenaamde “bomb squad” en die presidensiële…
31 Jul 11PM 1 min

VSA-gesant Witkoff besoek Gaza vandag

Gaza se Hamas-bestuurde gesondheidministerie sê 91 mense is Donderdag vermoor terwyl hulle voedselhulp probeer kry het en twee mense is aan wanvoeding dood. Intussen het die Withuis aangekondig dat Amerikaanse president Donald Trump se spesiale gesant vir die Midde Ooste, Steve Witkoff, vandag na Gaza sal gaan om die hulpverspreidingsterreine…
31 Jul 11PM 1 min

'Please call me'-skepper soek steeds R9,4 miljard by Vodacom

Die skepper van “Please Call Me”, Nkosana Makate, sê hy is vol vertroue die Appèlhof sal Vodacom dwing om hom 9,4-miljard Suid-Afrikaanse rand se vergoeding te betaal. Makate het Vodacom se vroeëre aanbod van 47-miljoen-rand verwerp. Die Konstitusionele Hof het Vodacom nou verlof tot appèl toegestaan en kritiseer die Appèlhof…
31 Jul 11AM 1 min

Toestande in Gaza net lyding vir kinders: Unicef

Die Verenigde Nasies se Kinderfonds, Unicef, sê humanitêre toestande in Gaza bly ʼn katastrofe, met kinders wat honger ly, oorwerkte hulpwerkers en skaars brandstof- en watervoorraad. 'n Half-miljoen mense, byna ʼn kwart van die bevolking, beleef toestande soortgelyk aan hongersnood terwyl die res ook swaarkry. Die Israelse Weermag het glo…
31 Jul 11AM 1 min

Moenie Goreangab-dam vis eet nie, dis gevaarlik

Die ministerie van visserye het sy stem by dié van die Windhoekse munisipaliteit gevoeg en waarsku inwoners om nie vis in die Goreangab-dam te vang om te eet nie. Volgens die ministerie word vis wat in die dam gevang word selfs verkoop. Afvalwater van omliggende nywerheids- en woongebiede vloei in…
31 Jul 10AM 1 min

Angola brandstofprysstyging 'gaan nie ngungula-smokkel keer'

Reaksie word ontvang op die verwydering van subsidies op die brandstofprys in Angola. Dit het na geweld in die buurland gelei na die prys op 1 Julie met meer as 30 persent gestyg het en 22 mense is dood. Maar die prys, 7 Namibiese dollar 72 sent per liter is…
31 Jul 10AM 1 min

Strategie vir kapitaalmark-uitbreiding uitstekende idee: ekonoom

Namibië mik daarna om sy kapitaalmarkte uit te brei deur 'n 10-jaar strategie wat nuwe beleggingsinstrumente wil bekendstel, notering op die aandelemark verhoog en finansiële infrastruktuur moderniseer. Die plan, gelei deur Namfisa en die Bank van Namibië, teiken onder andere 'n 70 persent toename in geregistreerde beleggers en om gelysde…
31 Jul 10AM 1 min

SA Reserwebank verlaag terugkoopkoers na 7%

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die terugkoopkoers van môre af tot sewe-persent verlaag, net ure voor Amerikaanse president Donald Trump se verwagte aankondiging van 'n tarief van 30-persent op Suid-Afrikaanse goedere. Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, het verswakkende sake- en verbruikersvertroue met inflasie op drie-persent as redes aangegee. Alhoewel…
31 Jul 10AM 1 min

COPE woedend oor 3 psigiatriese pasiënte wat glo verkluim

Die Congress of the People het 'n insident in die gesondheids-ombud se verslag veroordeel, wat aandui dat drie psigiatriese pasiënte dood is na 'n jaarlange kragonderbreking by 'n fasiliteit, met sommige pasiënte wat na bewering verkluim het. Pakes Dikgetsi van COPE blameer verwaarlosing, korrupsie en mislukte leierskap vir die tragedie…
31 Jul 9AM 1 min

Afrika moet met homself handel dryf

Die Afrika-kontinentale Vryhandelsgebied kan help om handel uit te brei en ontluikende ekonomieë teen globale onsekerheid te beskerm. Die streeks-koördinerings- en programdirekteur, Tsotetsi Makong, het op die Handel- en Nywerheidsbeleid-strategieforum verwys na die 3,6-miljard Namibiese dollar se verlies wat Lesotho as gevolg van die Amerikaanse invoertariewe van 50-persent gely het…
31 Jul 9AM 1 min

Keetmanshoop skryf N$75 miljoen se skuld af

Die Keetmanshoop Munisipaliteit het 75 miljoen Namibiese dollar se skuld van meer as 600 senior burgers, werkloses en mense met gestremdhede afgeskryf. Monica Imene, die munisipaliteit se woordvoerder, sê die inisiatief het gevolg op 'n openbare oproep vir sulke aansoeke in Mei en Junie. Die meeste aansoekers het aan die…
31 Jul 8AM 1 min

Gaza-oorlog wanbestuur, met geen plan: kenners

Die oorlog in Gaza is volgens kenners totaal en al wanbestuur met geen duidelike plan verby die eintlike aanvalle en vyandighede nie. Anshell Pfeffer, ‘n joernalis vir The Economist gesetel in Israel, het met Britse media gepraat.
31 Jul 8AM 1 min
940 – 960