Die Namibiese landbousektor het dramaties gegroei sedert 2015. Daardie jaar is 52 persent van lewendehawe by plaaslike abattoirs geprosesseer. Vandag staan die syfer op 84 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met Jako van Wyk, LPO-voorsitter gepraat.
ActionSA sê die Nasionale Tesourie rig 'n waarskuwing oor die Stad Johannesburg se finansiële bestuur en waarsku oor mislukkings in bestuur, stygende skuld en nie-nakoming van regulasies. Woordvoerder Mongezi Ntsebenzo sê die finansminister, Enoch Godongwana, het die stad opdrag gegee om 'n salarisooreenkoms te staak wat as onbekostigbaar beskou word…
Huishoudelike kredietverlening het in Maart gesak van 4,7 persent in Februarie. Volgens statistieke was die meeste van die kredietverlening aan die korporatiewe sektor. FNB-analiseerder Ndateelela Amukuhu gee meer inligting.
Huishoudelike kredietverlening het in Maart gesak van 4,7 persent in Februarie. Volgens statistieke was die meeste van die kredietverlening aan die korporatiewe sektor. FNB-analiseerder Ndateelela Amukuhu gee meer inligting.
Terwyl die VSA en Iran aanhou om te onderhandel oor 'n ooreenkoms om die voortdurende oorlog en vlootblokkade van die Straat van Hormuz te beëindig, bly die oliepryse wipplank ry. Die prys van Brent ru-olie het van meer as 100 Amerikaanse dollar per vat vanoggend tot bo die 90-dollar-kerf gedaal,…
Onderwysers reg oor die land is ongelukkig oor die salarisverhoging van 5 persent vir vanjaar tot 2028, wat deur die Namibiese Nasionale Onderwysersunie en die regering onderhandel is. Die verhoging word 'n bedrogspul genoem wat nie by inflasie of stygende lewenskoste pas nie. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder…
Die KwaZulu-Natalse polisie het in die Durbanse hawe beslag gelê op kokaïen van sowat 13-miljoen Suid-Afrikaanse rand. Woordvoerder Robert Netshiunda sê na die beslaglegging op dwelms in Gauteng verlede maand het inligting daarop gedui dat die dwelms Suid-Afrika deur die hawe binnekom. Hy sê intelligensiedienste is geaktiveer en sekere vaartuie…
'n Amerikaanse federale jurie het 'n vierde aanklag van aanranding met 'n dodelike wapen bygevoeg teen die beskuldigde in die skietery tydens die Withuis-korrespondentevereniging se dinee, Cole Tomas Allen. Die Amerikaanse regsverteenwoordiger vir die Columbia-distrik, Jeanine Pirro, sê die 31-jarige is reeds aangekla van poging tot sluipmoord op president Donald…
Die EFF sê hy was die enigste en volgehoue stem wat aanspreeklikheid eis vir die misdadigheid, geheimhouding en magsmisbruik rondom die Phala Phala-skandaal. Die Konstitusionele Hof sal Vrydag uitspraak lewer oor die saak. Die hof moet beslis of die parlement wettig opgetree het toe dit 'n Artikel 89-paneelverslag verwerp het,…
Israeliese magte sit steeds hul aanvalle op suidelike Libanon voort ten spyte van die Amerikaans-bedingde skietstilstand met Iran. Dinsdag het Israeliese vegvliegtuie twee aanvalle op 'n dorp in die Bint Jbeil-distrik uitgevoer. Kenners is steeds onseker wat Amerikaanse president Donald Trump se volgende stap in die konflik gaan wees. Kosmos…
Die impak van sosiale media is reeds ‘n geruime tyd in die nuus met talle hofsake in veral die VSA na selfmoord deur jong gebruikers en meer. Sommige menings dui aan dat ‘n verbod vir gebruikers jonger as 16 die maatskappy sal noop om self toe te tree en inhoud…
Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement sê hy monitor die weerstoestande noukeurig na die sluiting van skole in dele van die Eden- en Sentraal-Karoo-distrikte weens waarskuwings oor ernstige reënval. Skole sal na verwagting Vrydag heropen, hoewel dit sal afhang van verdere weerontwikkelinge later in die week. Die LUR vir Onderwys, David Maynier, sê…
Bellatrix Investment Managers het die Ndjaba-fonds bekendgestel, wat gemik is op nuwe ondernemings wat verder as die ideestadium beweeg het, maar nie die kapitaal het wat nodig is om hul bedrywighede te vestig en op te skaal nie. Besturende direkteur Jesaya Hano-Oshike het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die…
Meatco het bevestig dat sy ooreenkoms met Zamco vir die Katima Mulilo-abattoir amptelik tot 'n einde gekom het. 'n Gestruktureerde oorgangsplan is reeds in werking en sal tot 30 Junie duur om 'n ordelike oorhandiging aan Zamco te verseker. Meatco sal sy bedrywighede geleidelik daar afskaal. Interim uitvoerende hoof Albertus…
Terwyl die gesprek oor die werkloosheid van gegradueerdes voortduur, sê IPC-leier Panduleni Itula dat nepotisme en polities-beïnvloede aanstellings meriete-gebaseerde werwing benadeel. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus waarsku Itula dat die voorkeur van konneksies bo kwalifikasies dienslewering verswak en nasionale ontwikkeling vertraag.
Amerikaanse dollarpryse het vir meer as 'n week in die omgewing van 16 teenoor die rand gebly. Oliepryse is hoog vanweë markpersepsie oor nuwe geopolitieke ontwikkelings. Kosmos 94.1 Nuus het met Dawie Klopper, die Suid Afrikaanse ekonoom gepraat, oor die verband tussen kommoditeitspryse en die Amerikaanse geldeenheid, en hoe dit…
President Cyril Ramaphosa het weer bevestig dat Suid-Afrikaners nie inherent teen mense van ander Afrikanasies is nie. Hy het gister in Pretoria met president Daniel Francisco Chapo van Mosambiek vergader, waar hulle uitgebreide gesprekke oor sake van gemeenskaplike belang gevoer het. Dit volg nadat Nigerië, Ghana en Mosambiek amptelik by…
Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê die aanvanklike VSA-Israelse offensief teen Iran, "Operation Epic Fury", is verby nadat die doelwitte bereik is. Die operasie het op 28 Februarie begin toe die VSA en Israel 'n vlaag lugaanvalle teen Iran van stapel gestuur het. Teheran het gereageer deur…
Sentrale gedeeltes in die Ohangwena-streek is tans sonder water na ‘n massiewe pypbreuk en tegniese spanne werk sedert Dinsdag om die kwessie uit te sorteer. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van Namwater, Lot Ndamanomhata gepraat wat meer inligting oor die onderbreking het.
6 May 4AM
1 min
900 – 920
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.