Spanje se Kanariese Eilande berei voor om 'n Atlantiese luukse passasierskip te ontvang wat passasiers vervoer wat deur 'n hantavirus-uitbreking geraak is, na samewerking met die Wêreldgesondheidsorganisasie. Gesondheidsowerhede tref maatreëls vir veilige ontskeping en mediese assessering van die persone aan boord die vaartuig, terwyl die skip sy roete onder streng…
'n Lys van name van meer as 2 200 begunstigdes van onopgeëiste pensioen- en voorsorgfondsvoordele is vrygestel. Die justisieministerie versoek die publiek om 'n draai by die Meester van die Hoërhof te maak om die name op die lys na te gaan om te kyk of hulle of familielede nie…
Die verhoging in die brandstofprys is nie goeie nuus vir enigiemand in die land nie maar die skerp styging in diesel kan ‘n groter impak op almal hê -veral in landbou met insetkostes wat skerp sal styg en natuurlik vervoer. Namibië is uiters afhanklik van invoere van Suid-Afrika waar die…
Toergidse is steeds die herrie in vir die regering oor die Sossusvlei-konsessie. Die afgelope naweek het die ministerie gesê Dooievlei is oop vir almal. In die formele kennisgewing het dit gelees dat dit oop is vir Namibiese toergidse wat by die toerismeraad geregistreer is. Kosmos 94.1 Nuus het met toergids…
Die Suid-Afrikaanse regering het streeksamewerking binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap gelas om bestendigheid in die voorsiening van brandstof en kunsmis te verseker. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die regering gryp in om brandstofpryse te verlig te midde van wêreldwye spanning weens die voortgesette konflik in die Midde-Ooste. Sy…
Die wêreldbekende Sir David Attenborough sê hy is heeltemal oorweldig deur die boodskappe wat hy voor sy 100ste verjaardag vandag ontvang het. Die veteraan-omroeper en omgewingskundige vier die mylpaal met 'n spesiale konsert vanaand in die Royal Albert Hall in Londen. Die BBC, waar hy in 1952 begin werk het,…
Die DA se burgemeesterskandidaat in Johannesburg, Helen Zille, sê die Stad het belangrike munisipale finansiële wette oortree en herhaalde waarskuwings deur die Nasionale Tesourie geïgnoreer. In 'n media-inligtingsessie het Zille gesê 'n brief van die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het verskeie oortredings uiteengesit, insluitend die goedkeuring van 'n onbefondsde…
Die Verenigde Arabiese Emirate sê Iran se missiel- en hommeltuigaanvalle op sy buurlande en die teiken van handelskepe in die Straat van Hormuz is onwettig en roekeloos. Sy lugverdedigingstelsels het Maandag 12 Iranse ballistiese missiele, drie kruisermissiele en vier hommeltuie onderskep. 'n Brand het in die Fujairah-oliebedryfsone uitgebreek en drie…
MTC doen 'n beroep op privaat maatskappye en openbare instellings om by die Namibië Nasionale Internskapprogram aan te sluit, wat tersiêre studente betaalde geleenthede bied om werkplekervaring op te doen. MTC-woordvoerder Erasmus Nekundi sê aan Kosmos 94.1 Nuus die maatskappy het vanjaar 2 miljoen Namibiese dollar aan die inisiatief toegewy…
Taxi- en buspryse sal met 15 persent styg vanaf 18 Mei, na goedkeuring deur die vervoerministerie en die Padvervoerraad van Namibië. Dit beteken dat die taxitarief landwyd van 13 Namibiese dollar tot 15-dollar sal styg. Vervoerminister Veikko Nekundi het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die verhoging kom na volgehoue…
Energieminister Modestus Amutse het vroeër die brandstofpryse vir Mei aangekondig, met petrol wat 1 Namibiese dollar 40 sent duurder sal kos en beide grade diesel 4 dollar 63 sent meer. Die vul van houers met brandstof by brandstofpompe word tydelik verbied om die opgaar van brandstof te voorkom. Slegs voertuie…
Energieminister Modestus Amutse het na die brandstofprys-aankondiging gesê dat die regering 'n groot deel van die brandstofvoorsieningskoste gaan absorbeer, om Namibiërs teen selfs steiler prysstygings te beskerm. Die befondsing sluit 805 miljoen Namibiese dollar in om April-onderverhalings en brandstofpremies te dek, met 'n verdere geprojekteerde 490 miljoen dollar wat vir…
Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, ontken vandag se ontmoeting met pous Leo is 'n poging om diplomatieke betrekkinge met die Vatikaan te herstel. Verhoudings tussen die pous en president Donald Trump het versleg, met Trump wat Leo as swak en verskriklik bestempel het. Die eerste Amerikaanse pous…
Meer as 2 200 Namibiërs sit na bewering met onopgeëiste pensioen- en voorsorgfondsvoordele ter waarde van enigiets van 'n paar honderd tot meer as 100 000 Namibiese dollar. Verbruikerskenner Milton Louw dring daarop aan dat mense moet kyk of hulle of hul familielede op die lys is. Hy het aan…
Swaar reën en oorstromings het groot skade aangerig in die Tuinroete-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap. Meer as 200-millimeter reën is in die Bitou-munisipaliteit gemeet, insluitend 197-millimeter in Knysna. 'n Sewe-en-dertigjarige vrou is in die dorp dood toe 'n boom op haar motor geval het. Woordvoerder Herman Peters vra motoriste om hulle…
Die Stad Windhoek het amptelik die Windhoek Sonkragsentrum ingewy, 'n nuwe fasiliteit wat daarop gemik is om toegang tot hernubare energie te bevorder en die aanvaarding van sonkragtegnologieë regoor die hoofstad te ondersteun. Die sentrum in Ericksonstraat sal konsultasies, opleiding en leiding oor sonenergie-oplossings bied, met 'n besondere fokus op…
Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê swart ekonomiese bemagtiging sal steeds die hefboom wees wat die regering gebruik om Suid-Afrikaners te bevry. Dit volg nadat Business Leadership South Africa gewaarsku het die departement se voorgestelde wysigings aan die B-BBEE-regulasies kan jare se nywerheidsontwikkeling ondermyn. Tau sê…
Soos verwag is die brandstofprys verhoog met petrol wat 1 dollar 40 sent per liter meer kos en beide grade van diesel, 4,63. Reuse onderverhalings is aangeteken met meer as 9 dollar vir diesel en meer as 2 dollar vir petrol. Lynminister Modestus Amutse het die aankondiging gemaak.
7 May 7AM
1 min
860 – 880
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.