Dokters sonder Grense waarsku besnoeiings aan befondsing lei tot die grootskaalse sluiting van klinieke in Soedan, wat beteken pasiënte het nog minder toegang tot gesondheidsorg. Die internasionale mediese humanitêre organisasie vra regerings en skenkers om befondsing vir noodsaaklike gesondheidsdienste te beskerm terwyl sowat 33,7-miljoen mense humanitêre hulp benodig. Die direkteur…
Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, doen 'n beroep op die Franse regering om wetenskaplike feite te evalueer en plaaslike gemeenskappe te raadpleeg voordat verdere beperkings op die invoer van jagtrofeë ingestel word. Kristin Maritz sê dat hoewel fotografiese toerisme 'n belangrike rol in bewaring speel, dit nie genoeg inkomste in…
Die landbou-organisasie TLU SA verwelkom die protokol wat Suid-Afrika se kersieboere die eerste keer toegang gee tot die Chinese mark. China is die wêreld se grootste kersie-invoerder wat in 2025 kersies ter waarde van 52,8-miljard Namibiese dollar ingevoer het. Volgens die raamwerkooreenkoms oor ekonomiese vennootskap vir gedeelde ontwikkeling, word geen…
Die Namibian Civil Society Non-State Actors Network, of NamNet, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah se oproep vir verhoogde privaatsektorbelegging verwelkom. Die organisasie sê die eerste Korporatiewe Maatskaplike Belegging Mukopano-geleentheid was van kardinale belang omdat dit Namibië se ontwikkelingsbehoeftes op verskeie gebiede aangespreek het. NamNet uitvoerende lid Ben Schernick sê egter dat…
Die Vryheidsfront Plus sê Ekurhuleni se kleinkind-ontwikkelingsprogram is ʼn goeie voorbeeld hoe miljoene aan infrastruktuur bestee word sonder dat al die gemeenskappe bereik word wat veronderstel is om daarby te baat. Die oorspronklike boukoste van die drie sentrums in Vosloorus, Edenpark en Tsakane beloop sowat 57,4-miljoen Suid-Afrikaanse rand. Marlize Herbst…
Parlementslid Willem Amutenya het tegniese en beroepsinstellings aangespoor om entrepreneurskap in hul kernkurrikulums te integreer om te verseker dat gegradueerdes oorskakel na sake-eienaars eerder as werksoekers. Tydens 'n toespraak by die 2026 Eenhana Beroepsopleidingsentrum Entrepreneurskap en Innovasie-uitdaging het Amutenya voorgestel dat die Namibiese Opleidingsowerheid 'n toegewyde innovasie-aanvangsfinansieringsfonds stig, om opleidingspersoneel…
Owerhede ondersoek steeds die oorsaak van dood van duisende sardyne wat verlede week langs die sentrale kus uitgespoel het. Wetenskaplikes in Suid-Afrika ondersoek ook soortgelyke visvrektes en owerhede het reeds vasgestel dat 'n uitbreking van sardynherpesvirus, of HPV, onder Wes-Kaapse sardynskole vir vrektes daar verantwoordelik was. Dit is dieselfde virus…
Norbert Wurm, 'n lid van die Windhoek Oktoberfest-organiseringskomitee, sê dat die publieke vraag na egte kulturele tradisies eerder as 'n generiese bierfees, die terugkeer na 'n outentieke Beierse formaat vir die 66ste Windhoek Oktoberfest dryf. Die geleentheid, wat op 30 en 31 Oktober by die Sport Klub Windhoek in Olympia…
Die leier van die Affirmative Repositioning-beweging, Job Amupanda, het planne aangekondig om regstappe te doen teen die aanstelling van Gerson Sindano as voorsitter van die Verkiesingskommissie van Namibië. Opposisiepartye in die Nasionale Vergadering het saamgespan om Sindano se leierskap teen te staan, met verwysing na kommer oor institusionele onafhanklikheid as…
Amerika se Sentrale Bevel sê sy leër het vyf Iranse tenkskepe vernietig nadat dié land se Islamitiese Rewolusionêre Wagkorps die afgelope twee dae twee keer probeer het om ʼn Amerikaanse oorlogskip met ballistiese missiele aan te val. Amerikaanse magte het vier olie-tenkskepe in die Golf van Oman en een naby…
Die Suider-Afrikaanse Agri Inisiatief sê die staatsbeheerde Onderstepoort Biologiese Produkte voldoen nie aan die veebedryf se entstofbehoeftes nie en moet geprivatiseer word. Volgens die landbou-organisasie plaas tekorte aan entstowwe vir siektes soos bek-en-klouseer en Afrika-perdesiekte boere onder druk. Theo de Jager van Saai sê groter betrokkenheid deur die privaat sektor…
Die Departement van Gesondheid sê meer as 55 000 mense het begin om lenacapavir te gebruik, 'n inspuitbare medikasie wat twee keer per jaar toegedien word om MIV te voorkom. Die program is by 360 openbare gesondheidsfasiliteite in ses provinsies bekendgestel, met vroue wat 71-persent van die ontvangers verteenwoordig. Gauteng…
Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies het 'n resolusie aangeneem om tradisionele wêreldkaarte te vervang met projeksies wat Afrika se geografiese proporsies akkuraat weerspieël. Die resolusie, getiteld "Korrigeer die Kaart", versoek internasionale en opvoedkundige instellings om alternatiewe vir gelyke oppervlaktes, soos die Gelyke Aarde-projeksie, aan te neem. Politieke ontleder…
Israel se regering gaan die Britse konsulaat in Jerusalem sluit nadat Brittanje sanksies ingestel het teen goedere wat in die Wesoewer vervaardig word. Dit sal waarskynlik Brittanje se vermoë om in Palestina te werk kniehalter, omdat dit nie ʼn buitepos in die Wesoewer of Gaza het nie. Israel verbied ook…
Solidariteit sê die verborge waarheid oor Suid-Afrika is dat ras weereens die staat se ordeningsbeginsel is. Jaco Kleynhans van die organisasie het ʼn boodskap gelewer by ʼn vergadering van die Patriotte vir Europa in Brussel. Hy het aan die Europese Parlement gesê die Suid-Afrikaanse regering se toenemende rassewetgewing, asook die…
Die Interministeriële Komitee sê die regering vorder met sy vyfpunt-plan oor migrasie. Dit sluit strenger wetstoepassing, verbeterde grensbeheer en die modernisering van immigrasiestelsels in. Meer as 350 000 ondersoeke is reeds uitgevoer en meer as 86 000 buitelandse burgers is verwerk vir deportasie of repatriasie. Die komitee se voorsitter, Mmamoloko…
Voormalige gesondheidsminister, dr. Bernard Haufiku, beskryf Amerika se besluit om finansiële steun vir Namibië se MIV-reaksie uit te faseer, as 'n groot terugslag vir globale solidariteit en plaaslike gesondheidsinisiatiewe. Amerika sal 'n finale 800 miljoen Namibiese dollar in die 2027-boekjaar verskaf voordat na uitsluitlik tegniese samewerking oorgeskakel word. Haufiku waarsku…
Meer inligting is bekend oor Britse sanksies teen onwettige Israelse nedersettings. Brittanje gaan die invoer van goedere van die nedersettings in die besette Wesoewer verbied. Die minister van Buitelandse Sake, Ed Miliband, sê daar is etniese suiwering van Palestyne in dele van die Wesoewer deur setlaar-"terroriste". Die sanksies sluit ook…
Die ekonoom van die Noordwes-Universiteit se Sakeskool, Raymond Parsons, sê Suid-Afrika se ekonomie het 'n terugslag beleef nadat die bruto binnelandse produk met 0,2-persent tussen April en Junie gekrimp het. Volgens Parsons het die onlangse wêreldwye energieskok die land se herstel onderbreek, met mynbou en vervaardiging wat groei terughou. Hy…
Namibië pak Suid-Afrika in 'n drie-wedstryd eendag-internasionale reeks wat vandag by die Namibië Krieketveld in Windhoek begin. Die FNB Eagles sal probeer om voort te bou op hul onlangse T-20 vertonings teen die Proteas wanneer die twee spanne vir die heel eerste keer in die 50-beurte formaat ontmoet. Die eerste…
9 Sep 12AM
1 min
80 – 100
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.