Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
600 – 620

Nuwe Duitse ambassadeur wil bande tussen Namibië en Duitsland versterk

Die nuwe Duitse ambassadeur in Namibië, Thomas Wimmer, sê  hy sal sy amps-termyn gebruik om verder die bande tussen die twee lande te versterk. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Woensdag die geloofsbriewe van Wimmer en agt ander nuut-aangestelde ambassadeurs en hoë kommissarisse na Namibië hier in Windhoek ontvang. Wimmer sê  hy wil veral…
8 Oct 2AM 1 min

Ramaphosa: Covid-19 beklemtoon behoefte aan plaaslike gesondheidsektor-vervaardiging

Die Suid Afrikaanse president, Cyril Ramaphosa, sê die Covid-19-pandemie het die behoefte uitgelig om Suid-Afrika se plaaslike wetenskaplike, tegnologiese en farmaseutiese vervaardigingsvermoë te versterk. Ramaphosa het op die bekendstelling van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad se FuturePharma-fasiliteit in Tshwane gepraat. Hy sê groter plaaslike produksievermoë is noodsaaklik om gesondheids-veiligheid te beskerm…
8 Oct 2AM 1 min

Nandi-Ndaitwah ontvang geloofsbriewe nuwe ambassadeurs en hoë kommissarisse

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Woensdag die geloofsbriewe van nege nuut aangewese ambassadeurs en hoë kommissarisse in Namibië ontvang. Die diplomate verteenwoordig Nigerië, Duitsland, Turkye, Soedan, die Filippyne, Panama, Mali, Griekeland en Pakistan. Mirco se adjunkdirekteur vir Europese sake, Valombola Kalomoh, het die diplomatieke mylpaal uitgelig en sê dit sal Namibië…
8 Oct 1AM 1 min

DA: Landelike gemeenskappe het vinniger optrede en beter hulpbronne nodig

Die DA sê landelike gemeenskappe het vinniger polisie-optrede en beter hulpbronne nodig om misdaad in boerderygebiede te bekamp. Dit volg na die moord op Hannetjie van Zyl naby Ottosdal in Noordwes. Die party voer aan dit het die polisie ongeveer 'n uur geneem het om die toneel te bereik na…
8 Oct 1AM 1 min

Amupanda vra vir regterlike hervormings

Die AR-leier, Job Amupanda, het in die parlement 'n beroep gedoen op regterlike hervormings, insluitend die instelling van 'n konstitusionele hof, 'n suidelike afdeling van die hoërhof in Oranjemund, en termynbeperkings vir die regstelsel oorweeg.
8 Oct 1AM 1 min

Aksie-belaaide Saterdag beloof by Itumba Enduro

Die Itumba Enduro bring Saterdag aksie vol adrenalien na die suidelike buitewyke van Windhoek. Pieter van Helsdingen, ondervoorsitter van die Enduro-klub, het met Motor Media Namibia oor die naweek se geleentheid gesels. Hy het ook belangstellendes uitgenooi om die dag te kom geniet, die Enduro-ryers persoonlik te ontmoet en meer…
8 Oct 12AM 1 min

984 studente vang graad by vandag se Unam lente-gradeplegtigheid

Unam hou vandag sy lente-gradeplegtigheid, waartydens 984 studente hul kwalifikasies sal ontvang. Unam-woordvoerder Simon Namesho het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die plegtigheid deel vorm van 'n rekordgetal van 5 326 gegradueerdes vir 2026, die hoogste syfer in die universiteit se geskiedenis. Dit verteenwoordig 'n toename van 23 persent…
8 Oct 12AM 1 min

Voormalige Eskom-woordvoerder, Khulu Phasiwe op 52 oorlede

Eskom bring hulde aan sy voormalige nasionale woordvoerder, Khulu Phasiwe, wat in die ouderdom van 52 gesterf het. Hy was ten tye van sy dood die hoof van Korporatiewe Sake en Kommunikasie by Lugverkeer- en Navigasie-dienste. Hy het voorheen as senior kommunikasie-raadgewer en later as nasionale woordvoerder van Eskom gedien…
8 Oct 12AM 1 min

Zaamwani: Diere in BKS-gebiede se toegang tot water verbeter

Landbouminister Inge Zaamwani sê maatreëls word ingestel om te verseker dat vee, in gebiede wat deur bek-en-klouseer geraak word, toegang tot water het. Sy sê die regering probeer met dié stap die beweging van diere tussen waterpunte beperk en om kontak tussen verskeie kuddes te vermy. Zaamwani het in die…
8 Oct 12AM 1 min

WGO vra Rusland vir meer inligting oor laboratorium-sterfte

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die Russiese regering gevra vir meer inligting oor die dood van 'n werknemer by 'n Siberiese pesnavorsingseenheid. Dit sluit in besonderhede oor die laboratoriumtoetse wat op haar gedoen is, het die WGO se direkteur-generaal Tedros Ghebreyesus in 'n media-inligtingsessie gesê. Die organisasie het Rusland ook gevra vir…
7 Oct 11PM 1 min

Zimbabwe wil handelsbande met Namibië uitbrei

Zimbabwe se uitvoere na Namibië het verlede jaar op ongeveer 5 miljard Namibiese dollar te staan gekom, vergeleke met Namibiese uitvoere na Zimbabwe van sowat 46 miljard dollar. Die handelsurplus is grootliks deur die visserye- en brandstofsektore aangedryf. Jacqueline Nyathi, ZimTrade se bestuurder vir die suidelike streek, wat vir driedaagse…
7 Oct 11PM 1 min

Cameron Green uit eerste toets teen Proteas

Krieket: Australië se hoofafrigter, Andrew McDonald, het bevestig die veelsydige Cameron Green sal nie speel in die eerste toets teen Suid-Afrika wat Vrydag in Durban begin nie. Hy het verlede week 'n buikbesering opgedoen tydens die derde eendagwedstryd teen die Proteas in Potchefstroom. Australië sal nou waarskynlik tussen Cooper Connolly…
7 Oct 11AM 1 min

Agri SA waarsku oor finansiële druk op boere, BKS

Agri SA se uitvoerende hoof, Johan Kotzé, sê Suid-Afrikaanse boere verkeer onder toenemende finansiële druk weens bek-en-klouseer, stygende insetkoste, laer winsvlakke en die gevaar van El Niño-toestande. Hy het in 'n onderhoud met Farmers Weekly sterker ontwikkelings-befondsing gevra vir boere wat nie toegang het tot tradisionele befondsing nie. Kotzé wil…
7 Oct 11AM 1 min

Agri SA waarsku oor finansiële druk op boere, BKS

Agri SA se uitvoerende hoof, Johan Kotzé, sê Suid-Afrikaanse boere verkeer onder toenemende finansiële druk weens bek-en-klouseer, stygende insetkoste, laer winsvlakke en die gevaar van El Niño-toestande. Hy het in 'n onderhoud met Farmers Weekly sterker ontwikkelings-befondsing gevra vir boere wat nie toegang het tot tradisionele befondsing nie. Kotzé wil…
7 Oct 11AM 1 min

BKS het 'proaktiewe voorkoming nodig, nie reaktiewe bestuur'

Die regering het 'n massa-ringinenting oor 11 plase in die Karasburg-distrik van stapel gestuur na die bek-en-klouseer uitbreking. Landbou-ontleder Wallie Roux sê die herwinning van Namibië se bek-en-klouseer-vrye status vereis proaktiewe voorkoming eerder as reaktiewe bestuur, en dring aan op deursigtigheid oor hoe die virus die bek-en-klouseer-vrye sone binnegekom het…
7 Oct 11AM 1 min

Plaaslike ster Melissa Muller blink uit by SA Uitvoerende Kunste-kampioenskappe

Die Namibiese kunstenaar Melissa Muller het twee algehele trofeë en verskeie medaljes in sang, toneelspel en dans by die 2026 Suid-Afrikaanse Uitvoerende Kunste-kampioenskappe gewen. Muller het goud in kletsrym en R&B verwerf, asook 'n eerste algehele oorwinning in die kitaarkategorie. Sy het haar dankbaarheid uitgespreek, haar ondersteuners bedank en haar…
7 Oct 11AM 1 min

GIPF moet meer binne die land belê: Venaani

PDM-leier McHenry Venaani sê 'n parlementêre hersiening moet gedoen word om meer van die Regeringsinstellings Pensioenfonds se 221,1 miljard Namibiese dollar-batebasis na binnelandse infrastruktuur, industrialisering en werkskepping te rig. Net 26,4 miljard dollar van die totaal is tans plaaslik belê. Venaani het belanghebbendes aangespoor om plaaslike beleggingshindernisse aan te spreek,…
7 Oct 10AM 1 min

Wetenskaplikes wat molekulêre raaisel oplos kry Nobelprys vir Chemie

2026 se Nobelprys vir Chemie is toegeken aan Henri Kagan van Frankryk en Kenso Soai van Japan vir hul baanbrekerswerk oor ingewikkelde chemiese reaksies en selfversterkende chemiese prosesse in asimmetriese organiese sintese. Dit help verduidelik waarom chemiese reaksies soms een vorm van 'n molekule bo 'n ander bevoordeel. Hiener Linke…
7 Oct 10AM 1 min
600 – 620