Die waarnemende adjunk- nasionale polisiekommissaris, Hilda Senthumule, het die ernstige gevolge van polisieminister Senzo Mchunu se besluit om die politieke moorde-taakspan te ontbind, uiteengesit. Senthumule het voor die Madlanga-kommissie getuig die skuif het voortgesette ondersoeke ontwrig en speurders wat met die taakspan verbind was, geraak. Sy het gewaarsku die ontbinding…
Die DA in die Wes-Kaap het die nasionale ANC regering gekritiseer nadat die SAPD se misdaadstatistieke vir April tot September 2 308 moorde en meer as 133 000 ernstige misdade aandui. Benedicta van Minnen van die party sê die nasionale regering het versuim om polisiëring voldoende te befonds, wat gemeenskappe…
Gesondheidsminister Esperance Luvindao het Vrydag ‘n beroep op die publiek gedoen om nie paniekerig te raak oor die uitbrekings van cholera, M-pokke, Krim-Kongo-hemorragiese koors, masels en polio in die Namibië nie. Luvindao het tydens ‘n nuuskonferensie gesê die uitbrekings beklemtoon die noodsaaklikheid van beter sanitasie-infrastruktuur in die land. Dit verg…
Die ganse kontinent van Afrika verenig hierdie naweek om bloed te skenk. Met die kersseisoen wat naby is moet bloedbanke hulle aanbod verhoog, weens onder andere hoër padongeluk-slagoffers. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese Bloedoortappingsdiens se bemarkingsbestuurder, Zita Tobin gepraat.
Die departement van water en sanitasie hou tien sluise by die Vaaldam oop en het die vrystelling van die Bloemhofdam Vrydagoggend verhoog. Die woordvoerder van die departement, Wisane Mavasa, sê die Vaaldam is op 106,8 persent en die Bloemhofdam is 97,76 persent vol. Mavasa waarsku dat gemeenskappe en infrastruktuur stroomaf…
Die Copps 94.1- span het ‘n bedrywige Vrydagaand agter die rug met onder meer ‘n gru-ongeluk op die Daan Viljoen-pad buite Windhoek wat die lewens van twee mense geëis het. Kosmos 94.1 Nuus se Francois Lottering het die stadspolisie vergesel en doen verslag:
Soos die feestyd nader kom, so ook 'n toename in gesofistikeerde swendelary wat op niksvermoedende kopers gemik is. FNB Namibia spreek kommer uit oor 'n vlaag van hoëtegnologie-bedrog, insluitend afstandtoegangskemas, nabootsings en selfs KI-aangedrewe sogenaamde “deep fakes”, wat ontwerp is om verbruikers onkant te vang. Die hoof van bedrywighede vir…
Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê die bekamping van georganiseerde misdaad, insluitend bendegeweld en staatskaping, vereis algehele wetstoepassing, doeltreffende ondersoeke en vervolging. Cachalia het in Johannesburg gepraat tydens die bekendmaking van die misdaadstatistieke vir die eerste en tweede kwartaal. Hy beklemtoon georganiseerde misdaad bedreig openbare veiligheid, die ekonomie…
Die Kankervereniging van Namibië doen 'n beroep op die publiek om voorsorgmaatreëls te tref soos Desember aanbreek en die strandseisoen begin. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die vereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, verduidelik dat Namibië se woestynklimaat 'n belangrike faktor is agter die land se hoë…
Namibië doen 'n beroep om streeksbeleide in werklike nasionale wette te omskep. Tydens die vrystelling van 'n opname oor die SAOG Parlementêre Forum se operasionele doeltreffendheid, het die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, die land se verbintenis tot die versterking van die forum herbevestig. Sy waarsku egter dat…
Botswana en Namibië het die 7,2 miljard Namibiese dollar verkryging van Curro aandele goedgekeur. Die aandele van Curro was gekoop deur die Jannie Mouton-stigting. Die stigting is deur Suid Afrikaanse besigheidsman Jannie Mouton begin. Kosmos 94.1 Nuus het met die besturende direkteur van Windhoek Gymnasium gepraat, Colette Riekert wat uiteensit…
Die gesondheidministerie het al op 15 September 'n masels uitbreking verklaar met sy oorsprong in Opuwo. Vanaf 20 November het die ministerie 564 verwagte gevalle aangemeld waarvan 198 gevalle positief was, terwyl 115 gevalle se uitslae nog uitstaande is. Twee sterftes is in Grootfontein en die Okahao distrik aangemeld. Kosmos…
Die verdagte wat na bewering die twee Nasionale Wag lede Woensdag in Washington DC geskiet het, is as Rahmanullah Lakanwal geïdentifiseer. Sarah Beckstrom, een van die twee lede van die wag is dood aan haar besering. Lakanwal self is ook ernstig beseer maar, die FBI se ondersoek toon nou dat…
Aangesien kommer oor skadelike aanlyn gedrag steeds toeneem, het die inligtingsministerie vandag 'n seminaar oor die etiese gebruik van sosiale media in Windhoek aangebied. Die ministerie se uitvoerende direkteur, Linda Aipinge, waarsku dat toenemende aanlynmisbruik en seksuele uitbuiting, veral teen jong vroue, hul deelname aan politieke ruimtes toenemend afskrik.
Die DA sê hy het verskeie kere al probeer om uit te vind waar belangrike artefakte van die Stad Johannesburg, naamlik die burgemeester se goue ampsketting en die regimentswaard bewaar word. Dit is veronderstel om veilig in die bank te wees. Bongani Nkwanyana van die DA sê 'n oorsigbesoek wat…
Sosiale media loop oop met berigte dat staatsamptenare nie hulle maandelikse salaris ontvang het nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die finansministerie, Wilson Shikoto gepraat. Hy maan die publiek om eerder bevestiging by die ministerie te kry.
Die GOOD-party het sy versoek aan die Wes-Kaapse Onderwysdepartement herhaal om 'n vyfjaarplan op te stel om die sistemiese probleme onder kinders in die provinsie aan te spreek. Dwelmmisbruik moet een van die belangrikste afdelings van die plan wees. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê as die provinsiale regering…
Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê operasies sal binnekort oor land begin om vermeende Venezolaanse dwelmhandelaars te keer. Die Amerikaanse Weermag het meer as 12 oorlogskepe en 15 000 soldate in die streek ontplooi in wat die Pentagon Operation Southern Spear noem. Die Weermag het reeds meer as 80 mense…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.