Die kabinet het amptelik die resolusies aanvaar wat bespreek is tydens die SAOG-oorgrensbewaringsgebiedsberaad van staatshoofde en regeringshoofde. Die beraad het in Mei vanjaar in Harare, Zimbabwe, plaasgevind. Tydens 'n kabinetsinligtingsessie het inligtingsminister Emma Theofelus 'n opdatering gegee oor die resolusies wat aanvaar is.
Die 2025 Brandberg Backyard Ultra, geborg deur RMB Namibia, het oor die naweek ‘n rekordopkoms gehad maar daar is nog. ‘n Twee-dag aanlynveiling ten bate van Save the Rhino Trust, Ocean Conservation Namibia, en Pangolin Conservation Namibia het meer as 174 000 Namibiese dollar ingesamel. Kosmos 94.1 Nuus het met…
President Cyril Ramaphosa het per telefoon met sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, gepraat oor die oorlog in Oekraïne en sake van gemeenskaplike, bilaterale belang. Sedert Rusland se volskaalse inval in Oekraïne het Westerse nasies verreikende sanksies teen Moskou ingestel in ʼn poging om sy oorlogspoging te stuit. Suid-Afrika het egter…
Reaksie word ontvang op Namibiese A2-lamskarkaspryse wat goed presteer teenoor dié van Uruguay, Suid-Afrika en Australië. Namibiese A2-pryse het sover vanjaar gemiddeld 91 dollar 90 sent per kilogram gehaal, 'n groei van 22,79 persent teenoor verlede jaar se pryse. Kosmos 94.1 Nuus het met Ohlthaver en List se uitvoerende hoof,…
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië bied môre 'n bloedskenkingskliniek by sy hoofkwartiersentrum in Talstraat by Ausspannplatz aan. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Salmi Shigwedha, bemarkingsbeampte by die diens, wat sê bloedskenkings neem af in die winter weens griep en seisoenale siektes. Shigwedha het meer.
Die Activists and Citizens Forum sê Suid-Afrika het strenger borgtogwette en wetgewing nodig om borgtog vir verdagtes moeiliker te maak. Die forum sê die polisie moet meer moeite doen om goed ondersoekte sake voor te lê sodat die Nasionale Vervolgingsgesag 'n sterker saak voor die hof kan bring. Die woordvoerder…
Ons wip na Israel en eerste minister Benjamin Netanyahu het in 'n onderhoud met Fox News gesê dat Israel van voornemens is om militêre beheer oor die Gaza-strook te neem. Hy het bygevoeg dat Israel dit uiteindelik aan Arabiese magte sal oorhandig wat dit behoorlik sal regeer. Netanyahu het gepraat…
Die Patriotic Alliance het 'n strafregtelike klagte ingedien teen die aanbieders van Open Chat Podcast, Mthokozisi Methula en Sinothando Kama. Hulle het beledigende aanmerkings oor die bruin gemeenskap gemaak wat in 'n episode op sosiale media verskyn het en wyd versprei is. Die aanbieders het intussen om verskoning gevra vir…
Gholf: Die tweemalige major-kampioen, Jon Rahm van Spanje, sê meer moet gedoen word om ander geleenthede te vind vir spelers om wêreldranglys-punte te bekom. LIV Gholf het in Junie weereens aansoek gedoen vir wêreldranglyspunte nadat dit in Oktober 2023 afgekeur is - onder meer omdat daar nie afsnypunte in LIV-toernooie…
Onderwysminister Sanet Steenkamp het 'n beroep gedoen op dringende optrede om leerarmoede in Namibië te beëindig, en genoem dat nege uit 10 Afrika-leerders van 10 jaar oud nie 'n eenvoudige teks kan lees of basiese wiskunde kan doen nie. Tydens die herbekendstelling van die RightStart-program het sy die behoefte aan…
Die IPC kritiseer die adjunkminister van mynbou, Natangwe Ithete, se voorstel vir 'n nuwe beleid wat 51 persent Namibiese eienaarskap in alle nuwe mynbou-ondernemings sal verpligtend maak. Die IPC voer aan dat die beleid beleggers kan afskrik deur die massiewe kapitaal, vaardighede en tegnologie wat buitelandse maatskappye na die bedryf…
President Cyril Ramaphosa en sy Amerikaanse ampsgenoot, Donald Trump, het hulle verbind tot voortgesette bilaterale handelsooreenkomste. Dit volg op 'n telefoongesprek waarin die twee leiers belangrike ekonomiese sake bespreek het, insluitend die nuwe Amerikaanse tariewe van 30-persent op sekere Suid-Afrikaanse uitvoere wat van vandag van krag is. Die woordvoerder in…
Die Stad Windhoek het sy kontantlose buskaartjie-stelsel aangekondig, wat op 11 Augustus in werking sal tree. Daarna sal geen kontantbetalings aanvaar word nie. Passasiers sal nou by busse in- en afklim deur met hul kaarte op die kontantlose stelsel te tik. Dit sal lang rye en tydvermorsing uitskakel. Passasiers sal…
Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het laat gisteraand gesê ná 'n vroeëre telefoongesprek met Amerikaanse president Donald Trump dat die druk op Rusland werk, en dit is uiters belangrik dat "hulle ons nie mislei nie". Zelensky het bygevoeg dat dit "lyk asof" Rusland neig na 'n wapenstilstand. SkyNews se VSA-korrespondent in…
Oshana-goewerneur Hofni Iipinge het teleurstelling uitgespreek oor die swak bywoning van die eerste hoëvlak-vergadering met streekshoofde van openbare instellings op Oshakati. Hy sê dat die meeste plaaslike raadslede, burgemeesters en uitvoerende hoofde, behalwe Ongwediva, afwesig was.
Die Forum for South Africa sê die land verdien 'n mynbedryf wat wettig, veilig en voordelig vir sy burgers is. Minstens 550 vermeende onwettige mynwerkers, waaronder buitelanders en minderjariges, is die afgelope paar dae by die Sheba-goudmyn in Barberton, Mpumalanga, aangekeer. Die meeste verdagtes is van Mosambiek, Swaziland, Lesotho en…
Visepresident Lucia Witbooi het by die Namibiese Federasie van die Visueel Gestremdes in Windhoek gepraat, waar sy die regering se verbintenis tot gestremdheidsinsluiting bevestig het. Sy sê die hersiene Nasionale Gestremdheidsbeleid, in lyn met wetlike raamwerke, sal binnekort in die Staatskoerant gepubliseer word om inklusiewe ontwikkeling te bevorder. Die jongste…
Die Gautengse Onderwysdepartement sê talle skole in die provinsie word geraak deur onstabiele grond, lugbesoedeling en onwettige en wettige mynbedrywighede. In sommige gevalle is skole verskuif of in rehabilitasieprogramme geplaas weens kommer oor veiligheid. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê ná assessering gaan hulle met rehabilitasieprogramme begin by 13…
Namate die 20ste Augustus nader kom, maak die Nampharm-stigting gereed om sy 20ste bestaansjaar te vier met ’n galadinee by die Windhoek Buiteklub-oord. Die geleentheid sal twee dekades van ondersteuning aan Namibiese kinders herdenk. Kosmos 94.1 Nuus het met Cari-Ane van der Walt, Nampharm se administratiewe en fondsinsamelingskoördineerder, gesels.
7 Aug 6AM
1 min
340 – 360
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.