Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3120 – 3140

Kameras help Kaapse wetstoepassers

Die Strategiese Toesigeenheid van die Stad Kaapstad se Metropolisie het 'n styging van 35-persent aangemeld in gevalle wat die afgelope jaar danksy sy geslotekring televisiemonitors opgespoor is. Meer as 1 200 kameras werk nou in die stad, ondersteun deur 1 000 lyfkameras wat wetstoepassers dra. Die stelsel het 59 526…
3 Nov 2025 4AM 1 min

VSA-ambassadeur in Brittanje vra oor olie en gas

Die Amerikaanse ambassadeur in die Verenigde Koninkryk, Warren Stephens, het ‘n uitgebreide onderhoud met Sky News gevoer. Hy sê dat Keir Starmer se regering fouteer om reserwes van fossielbrandstof te ignoreer, beide in die Noordsee en die aanlandige bronne.
3 Nov 2025 4AM 1 min

DA lê klag by Menseregtekommissie oor kankertoetse

Die DA het 'n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien teen die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens oor maande lange vertragings met kankertoetse. Die DA sê die vertragings kom neer op menseregteskendings, aangesien staatspasiënte in Gauteng tot drie maande vir uitslae wag terwyl privaat laboratoriums slegs 48 uur neem. Michele Clarke van die…
3 Nov 2025 3AM 1 min

Nigerië kap terug, eis dat sy sowereiniteit gerespekteer word

Nigerië se ministerie van Buitelandse Sake sê hy sal Amerika se hulp aanvaar om teen Islamitiese militante groepe te veg, solank sy gebiedsintegriteit gerespekteer word. President Donald Trump van Amerika het die Departement van Verdediging opdrag gegee om gereed te maak vir moontlike militêre optrede in Nigerië. Hy beskuldig dié…
3 Nov 2025 3AM 1 min

Sinner sê dit was 'n fantastiese jaar

Die Italianer Jannik Sinner het sy eerste Paryse Meesters-titel gewen en die nommer-een-posisie by teenstander Carlos Alcaraz teruggevat. Die 24-jarige Sinner het die Kanadees, Felix Auger-Aliassime, verslaan en spog nou met 26 agtereenvolgende oorwinnings op binnenshuise harde bane. Sinner, wat ook in die wedloop is om die jaar as die…
3 Nov 2025 2AM 1 min

SAPD behaal groot sukses teen bendes in Wes-Kaap

Die Wes-Kaapse polisie het van April tot Oktober 2025 altesaam 722 bendelede in hegtenis geneem en beslag gelê op 1 565 onwettige vuurwapens en 39 371 rondes ammunisie. Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het die samewerking deur meer as 980 beamptes wat na brandpunte ontplooi is, geprys vir hul pogings…
3 Nov 2025 2AM 1 min

Data se rol in nasionale ontwikkeling onder die loep

Die Ontwikkelingswerkswinkel Namibië en die Namibiese Statistieke-agentskap sal Data Sparks Namibia 2025 op Dinsdag en Woensdag by die Mövenpick Hotel in Windhoek aanbied. Die tweedaagse hibriede geleentheid sal kundiges, innoveerders en beleidmakers bymekaarbring om te ondersoek hoe data besluitneming, innovasie en nasionale ontwikkeling kan dryf. Die geleentheid is daarop gemik…
3 Nov 2025 1AM 1 min

Ntlabakanye vervang Nché

Die Springbok-stut Ox Nché is ná ʼn besering vir res van die jaareindtoer na Europa op die kantlyn, terwyl Asenathi Ntlabakanye hom vervang. Nché het Saterdag sy been seergemaak tydens Suid-Afrika se skitterende 61-7-sege oor Japan op die Wembley-stadion in Londen. Ntlabakanye het in Julie die eerste keer vir die…
3 Nov 2025 1AM 1 min

Bushiri maak wilde aantygings teen SAPD

Die omstrede profeet Shepherd Bushiri het senior Suid-Afrikaanse polisiebeamptes daarvan beskuldig dat hulle in 2016 12 miljoen Suid-Afrikaanse rand as 'n beskermingsfooi geëis het. Bushiri het tydens 'n kerkdiens beweer die beamptes, onder andere "Generaal Sibiya", het omkoopgeld gevra om sy saak te laat verdwyn en later teen hom gedraai…
3 Nov 2025 12AM 1 min

Mesaanvaal op trein nie ‘n terreuraanvaal nie

Die Britse polisie sê daar is niks wat daarop dui dat die messteek-aanval aan boord van 'n Doncaster-Londen-trein Saterdag 'n terroriste-voorval was nie. Vier van die nege mense wat aanvanklik vermoed is, ernstig beseer is, is uit die hospitaal ontslaan, terwyl twee se toestand steeds ernstig is. Die eerste minister…
3 Nov 2025 12AM 1 min

Burger besin oor nederlaag in Uganda

Die Namibiese Rugbyspan is op pad na Finale Kwalifiserende Toernooi in Dubai in die hoop om ‘n plek te kry in die 2027 Wêreldbeker. Die toerspan sal toetswedstryde speel teen België op die 8ste November, Samoa op die 13de en Brasilië op die 18de. Net een van dié vier nasies…
3 Nov 2025 12AM 1 min

Droombos wen internasionale prys

Droombos is deur die toonaangewende World Luxury Travel Awards as Beste Troubestemming aangewys. Kenia en Tanzanië was ook van die Afrikalande wat pryse verower het. Kosmos 94.1 Nuus het met Mirinda van Wyk gepraat, die besturende direkteur van Droombos, wat sê die prys is onverwags.
3 Nov 2025 12AM 1 min

Betogings toon dat Afrika-jeug sat is

Spanning styg reg oor Afrika namate jongmense van Madagaskar tot Tanzanië die strate invaar en verandering eis van leiers wat hulle sê nie daarin geslaag het om veral dienste te lewer nie. Politieke ontleder Henning Melber het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hierdie proteste 'n nuwe vlaag van ontevredenheid…
2 Nov 2025 11PM 1 min

Ons praat baie maar waar is die formules?

Politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah sê regeringsbeloftes om ekonomiese kwessies in die land te takel, is al praatjies sedert wyle stigterspresident Sam Nujoma bewind. Kamwanyah het reageer op president Netumbo Nandi-Ndaitwah se uitlatings die naweek dat sy drie taakspanne gaan aanwys om die land se ekonomiese-, behuisings- en gesondheidsuitdagings te…
2 Nov 2025 11PM 1 min

GRN-beleid sal hersien word vir werkskepping

Die justisie en arbeid-minister, Wise Immanuel, sê alle regeringsbeleide en -projekte sal binnekort impakassesserings vir werkgeleenthede ondergaan om te meet hoe dit werkskepping en ordentlike werk beïnvloed. Immanuel het tydens 'n belanghebber-vergadering gesê die nuwe benadering sal verseker dat besluite deur betroubare data gelei word en inklusiewe, billike en volhoubare…
2 Nov 2025 10PM 1 min

Wolvaardt trots op span ten spyte van nederlaag

Suid-Afrika se kaptein, Laura Wolvaardt, sê sy is baie trots op die span se vertoning in die Eendagreeks-Wêreldbeker vir vroue. Wolvaardt se onverskrokke 101 was egter verniet en die Protea-vroue het met 52 lopies teen Indië verloor in die eindstryd in Mumbai. Die Indiese vrouespan het met hul derde poging…
2 Nov 2025 10PM 1 min

NNN-taakspanne gaan uitdagings takel

President Netumbo Nandi-Ndaitwah gaan drie taakspanne aanwys om die land se ekonomiese-, behuisings- en gesondheidsuitdagings te takel, het sy Saterdag tydens die opening van die sake-ekspo op Helao Nafidi in Ohangwena gesê. Die regering en die private sektor moet die kwessies saam aanpak, sê sy.
2 Nov 2025 6AM 1 min

Rundu se kontantkrisis verdiep

Rundu se finansiële probleme vererger, met die dorp se skuld wat nou op 'n verstommende 588 miljoen Namibiese dollar staan. Uitvoerende hoof, Olavi Nathanael, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die bedrag elke jaar met byna 100 miljoen Namibiese dollar groei omdat inwoners steeds hul munisipale betalings verwaarloos. Hy…
2 Nov 2025 4AM 1 min

ANC soek vinnige optrede met Madlanga-kommissie

Die sekretaris-generaal van die ANC Fikile Mbalula het wetstoepassingsagentskappe aangemoedig om vinnig op te tree en mense te arresteer as daar bewyse is en nie te wag vir die Madlanga-kommissie om klaar te maak nie. Mbalula se standpunt verskil van die ANC se siening in Julie toe die regsproses beklemtoon…
2 Nov 2025 3AM 1 min

Mej. Namibië vertrek na Mej. Heelal in Thailand

Mej. Namibië Johanna Swartbooi het na Thailand vertrek om haar land by die Mej. Heelal-kompetisie te verteenwoordig, wat vandag begin en tot 21 November duur. Die 28-jarige model het kort voor haar vertrek haar verwagtinge en met die NBC gedeel:
2 Nov 2025 2AM 1 min
3120 – 3140