Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
260 – 280

Stropers 'stig veldbrande, slaan elders toe'

Teenstropery spanne in die Omaheke-streek waarsku dat stropers veldbrande stig om nooddienste van teikenplase weg te lok. Rickus Spangenberg van die K9 Anti-Poaching Unit het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat terwyl sy spanne brandbestrydingstoerusting ontplooi om boere te help, die gevolglike chaos maklike geleenthede vir stropers skep.
2 Sep 10AM 1 min

Ooreenkoms spreek te min oliebedryf-vaardighede aan

Die plaaslike firma R&J Steytler Consultancy het 'n ooreenkoms met die Beijing-gebaseerde Regene Investment in Windhoek onderteken, om die gaping te oorbrug tussen die vaardighede wat deur onder andere mynbou- en oliemaatskappye gevra word, en wat plaaslike beroepsopleidingsgegradueerdes kan bied. Yubo Wang, die medestigter van Regene Investment, sê die vennootskap…
2 Sep 9AM 1 min

Oud-Valke-hoof erken sakeman Malcolm X was informant

Die voormalige hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, het aan die Madlanga-kommissie bevestig die sakeman Malcolm X was 'n informant. Lebeya het aanvanklik geaarsel voor hy toegegee het. Die bevestiging volg na die klopjag op die sakeman Katiso "KT" Molefe se huis. Malcolm X het voorheen ontken dat hy 'n…
2 Sep 9AM 1 min

DA Gauteng soek rekenskap van 200 000 BKS-dosisse

Die DA sê die Gautengse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling moet rekenskap gee oor die inenting van diere teen bek-en-klouseer. Dit volg nadat die departement erken het slegs 540 000 diere is teen die siekte ingeënt terwyl hy meer as 757 340 entstofdosisse ontvang het. Bronwynn Engelbrecht van die…
2 Sep 8AM 1 min

Asoli eerste plaaslike party in Afrika-politieke netwerk

Joseph Kauandenge se Asoli Progressiewe Party het amptelik by die Afrika Demokratiese Alliansie vir Vryheid en Vooruitgang aangesluit en is die eerste Namibiese politieke party wat in die kontinentale netwerk aanvaar is. Die netwerk, onder voorsitterskap van Build One South Africa-leier Mmusi Maimane, verenig 48 organisasies van 25 lande om…
2 Sep 8AM 1 min

Jong-innoveerders geloof, slimkierie gaan Berlyn toe

Die Namibiese aflewering van die internasionale Falling Walls Lab-kompetisie is pas afgehandel. Tydens die geleentheid moes jong navorsers baanbrekersoplossings in net drie minute aanbied. Op die kantlyn het die Nasionale Kommissie vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie se senior tegnoloog Jacobine Amutenya aan Komsos 94.1 Nuus gesê dat idees kommersiële befondsing…
2 Sep 6AM 1 min

Stygende brandstofprys raak vervoerkettings

Die Padvragvereniging sê die jongste verhoging in die brandstofprys beklemtoon weer hoe blootgestel die bedryf aan die wisselvalligheid van die wêreld se oliemarkte is. Albei grade petrol styg met 1-Suid-Afrikaanse rand-34-sent per liter, terwyl diesel tussen 2-rand-93-sent en drie-rand-15-sent per liter meer kos. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gavin Kelly,…
2 Sep 6AM 1 min

LPO hou streeksvergaderings in Oktober

Boere en afgevaardigdes word aangemoedig om gou te registreer vir die Namibiese Landbou-unie en die Veeprodusente-organisasie, LPO, se streeksvergaderings, wat van 5 tot 9 Oktober plaasvind. Boereverenigings word aangemoedig om waar moontlik ekstra afgevaardigdes te registreer, wat meer lede die kans gee om deel te neem aan belangrike besprekings wat…
2 Sep 6AM 1 min

Reaksie op Biddag teen geweld

Maatskaplike aktivis Rosa Namises het gereageer op die Biddag wat vir 12 September beplan word en drankverkope wat daardie dag opgeskort sal word. Sy sê die regering moet 'n noodtoestand afkondig oor die toenemende geslagsgeweld en wydverspreide alkoholmisbruik in Namibië. Veral omdat die twee gekoppel is.
2 Sep 6AM 1 min

Napha verwerp Franse trofeeverbod

Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, het Frankryk se wetsontwerp om die invoer, uitvoer en heruitvoer van jagtrofeë van sekere spesies te beperk, in absolute terme verwerp. Kosmos 94.1 Nuus het met Napha se president, Hannes du Plessis, gesels wat sê dat Europa nie in ‘n posisie is om vir Namibië…
2 Sep 6AM 1 min

Federer ingehuldig in die Tennis Hall of Fame

Tennis-legende Roger Federer sê sy meer as twee-dekade-lange tennis loopbaan hou baie spesiale herinneringe in. Federer is die afgelope naweek amptelik in die Tennis Hall of Fame ingelyf. Tydens ‘n onderhoud met CNN Sports het hy gesê, as hy kon kies, so hou ‘n hele lys legendes wil aanvat op…
2 Sep 5AM 1 min

Misdaad daal dalk maar korrupsie moet aandag kry - Cosatu

Die vakverbond Cosatu sê hy is bemoedig deur die daling in sommige ernstige misdade soos aangedui in die jongste kwartaallikse misdaadstatistiek vir die tydperk tussen April en Junie 2026. Volgens Statistiek Suid-Afrika was daar ʼn daling van 5,9-persent in moorde, 17,6-persent minder huisbrake, en ʼn 21-persent-daling in vragmotorkapings. Cosatu-woordvoerder, Matthew…
2 Sep 5AM 1 min

Herroeping van Madonsela is Stalingrad-taktiek

ActionSA sê die Parlement se besluit om die aanbeveling van advokaat Thandazani Madonsela as getuienisleier te herroep, is ʼn klassieke voorbeeld van Stalingrad-vertragingstaktieke. President Cyril Ramaphosa het beswaar gemaak teen Madonsela se aanstelling en moontlike botsing van belange aangevoer, insluitend dat hy voorheen regsadvies oor die ampsklagproses aan die ANC…
2 Sep 4AM 1 min

Cran sertifiseer binnelandse sake vir digitale transaksies

Cran het die binnelandse sake-ministerie as 'n nasionale sertifiseringsdiensverskaffer geakkrediteer. Dit laat die ministerie toe om amptelike intekenaarsertifikate en openbare sleutels uit te reik om regerings-e-dienste en digitale transaksies te beveilig. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano sê dit is 'n belangrike mylpaal.
2 Sep 4AM 1 min

Nepalese owerhede bly hoopvol vir oorlewendes

Nepal se minister van Buitelandse Sake, Shisir Khanal, sê hy hoop steeds die byna 4 000 mense wat vermis word na verlede week se dodelike kitsvloede, kan nog gered word. Onder die vermistes is meer as 600 werkers wat vermoedelik vasgekeer is in 'n groot netwerk van moddergevulde tonnels by…
2 Sep 3AM 1 min

Statistieke SA vind verband tussen GBV en drank en dwelms

Statistiek Suid-Afrika sê 85-persent van mense 16 jaar en ouer het verslawing, dwelm- of alkoholmisbruik as die hoofoorsaak van geweld teenoor vroue en kinders geïdentifiseer. Die woordvoerder, Boitumelo Mooketsi sê die jongste verslag oor slagoffers van misdaad uit die verslag oor regering, openbare veiligheid en geregtigheid dui daarop dat meer…
2 Sep 3AM 1 min

Partye het tot Vrydag om getuienisleier vir Ampsklagkomitee te benoem

Die voorsitter van die parlementêre Ampsklagkomitee, Makashule Gana, het politieke partye tot Vrydag kans gegee om nog benoemings vir ʼn getuienisleier in te dien. Die komitee het sy besluit herroep om advokaat Thandazani Madonsela as getuienisleier aan te stel van sy ondersoek teen president Cyril Ramaphosa oor die Phala Phala-sage…
2 Sep 1AM 1 min

Werkspermit van 90 dae was onvoldoende

Die binnelandse sake-ministerie het amptelik die nuwe gespesialiseerde werkpermit om besigheid te doen bekendgestel, wat daarop gemik is om toegangsprosesse vir buitelandse beleggers te stroomlyn. Die ministerie se direkteur van visums, permitte, paspoorte en burgerskap, Deon Scott, het by die geleentheid gesê dat die standaard 90-dae besoekersperiode onvoldoende was vir…
2 Sep 1AM 1 min
260 – 280