Die Ohangwena- en Oshikoto-streke is geïdentifiseer as die land se brandpunte vir geslagsgeweld, wat gesamentlik verantwoordelik is vir meer as 17 persent van alle gevalle landwyd. Tydens die amptelike bekendstelling van die “Anti GBV”-veldtog in Omuthiya het die waarnemende hoof van die Namibiese polisie, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, onthul dat uit…
Die nasionale veldtog vir humanitêre hulp aan Kuba reik nou uit na die kulturele sektor, om musiek en die kunste te gebruik om openbare steun vir noodsaaklike mediese voorrade en noodhulp te mobiliseer. Die fondsinsamelingsinisiatief het reeds meer as 700 000 Namibiese dollar ingesamel. Die sosiale geregtigheidsaktivis Lucy Edwards-Jauch herinner…
Die visserysektor het aksie nodig, nie nog 'n lang proses nie. Dit is die boodskap van Graham Hopwood, uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, wat sê drie eenvoudige hervormings kan vinnig deursigtigheid en verantwoordbaarheid in die bedryf verbeter. Hy sê geleenthede soos die 2026 Nasionale Visserye Indaba, wat…
Stad Windhoek het sy toegangs- en permitstelsel vir swaar voertuie gefinaliseer om padskade, verkeersopeenhopings en veiligheidsrisiko's op munisipale strate te verminder. Na konsultasies met die bedryf is maandelikse permittariewe vasgestel tussen 120 en 500 Namibiese dollar. Stadswoordvoerder Lydia Amutenya het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat September as 'n bewusmakingsmaand…
'n Amerikaanse federale regter het president Donald Trump se administrasie verhoed om sy uitvoerende mag te gebruik om geboortereg-burgerskap te beperk deur federale departemente te verbied om burgerskap aan kinders wat in Amerika gebore word, te gee. Die Hooggeregshof het in Junie Trump se aanvanklike poging om geboortereg burgerskap te…
Nanso het kommer uitgespreek oor Nsfaf se voortdurende vertragings in die uitbetaling van nie-onderriggelde aan tersiêre en beroepsgerigte studente. Nanso-woordvoerder Ndayola Mulongeni sê dat terwyl baie studente uitbetalings ontvang het, 'n beduidende aantal eerstejaar- en finalejaarstudente sonder fondse bly, wat hulle laat sukkel om basiese lewenskoste te dek. Mulongeni kritiseer…
Die Stad Johannesburg se bestuur het opdrag gegee dat dringend ingegryp word om wet en orde, en netheid in die middestad te herstel. Burgemeester Dada Morero en stadsbestuurder Floyd Brink het gister met die Johannesburg Metropolisie se senior bestuur vergader en eis strenger toepassing, groter aanspreeklikheid en sigbare operasionele verbeterings…
Die Franse president, Emmanuel Macron, sê Brittanje en Frankryk is eensgesind wat Oekraïne, die Midde-Ooste en multilateralisme betref. Die twee lande beywer hulle vir Europese ondersteuning aan Kiëf sedert Rusland se volskaalse inval meer as vier jaar gelede. Macron en koning Charles het gister die Britse Museum besoek vir die…
Die ANC het sy volle vertroue in die Verkiesingskommissie en sy integriteit uitgespreek. Die party hou vol tegniese probleme met die kommissie se kandidate-vasleggingstelsel het ʼn paar van sy kandidate vir die plaaslikeregeringsverkiesing se invoering op die stelsel geraak. Politieke partye en onafhanklike kandidate se benoemings moes teen vyfuur op…
Elisenheim Eiendomsontwikkelingsmaatskappy bevorder planne vir 'n nuwe lae-digtheid residensiële en gemengde gebruikskomponent van die Elisenheim Leefstyllandgoed nadat ‘n hernude omgewingsklaring vir die voorgestelde landgoed verkry is. Dit maak voorsiening vir die verdere uitbreiding van Elisenheim se residensiële aanbod noord van die hoofstad. Le-Hugo van Rooyen, uitvoerende hoof van APxHouse Eiendomsontwikkeling,…
Amnestie Internasionaal doen beroep op die Namibiese regering om veilige en wettige meganismes te vestig vir Angolese burgers wat van El Niño-droogtetoestande in suidelike Angola vlug. Die regtegroep waarsku dat ontheemde gesinne wat noordelike Namibië binnekom, haglike lewensomstandighede, sistemiese uitsluiting en deportasies in die gesig staar. Namibië het te doen…
Namibië se behuisingskrisis verdiep, en huiseienaarskap word toenemend 'n luukse wat buite die bereik van gewone werkers lê. KosmosKapitaal berig dat vir elke Namibiese begrotingsdollar is die regering bereid om net twee sent op behuising te bestee. 'n Nuwe verslag deur Simonis Storm dui daarop dat 'n werker nou ongeveer…
Die G8 Bonsmara-veiling keer volgende week, Dinsdag, 8 September, terug na die Agra/Bank Windhoek Ring. Dertig bulle word aangebied, waaronder diere van Hartebeestloop, met gratis aflewering binne 'n radius van 200 kilometer. Die G8 Bonsmara-veiling kan ook aanlyn gevolg word via SwiftVee Namibia. Kosmos 94.1 Nuus het met Paul Klein,…
Gauteng se LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, was deel van nog ʼn polisie-geleide soek-en-beslagleggingsoperasie by ses skole. Dit bring die aantal skole in die provinsie wat deursoek is op 23 te staan. Woensdag se operasie was by die Sehopotso Secondary School en BoteboTsebo Secondary School in Sebokeng, Residentia Secondary School…
Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sandile Khumalo, het die voormalige hoof van die Valke, Godfrey Lebeya uitgedaag oor sy reaksie op berigte van 'n klopjag by sakeman Katiso “KT” Molefe se huis. Khumalo het bevraagteken of daar enige werklike gevaar was nadat hulle bepaal het die mense op die toneel…
Reaksie word ontvang op die Stad Windhoek se besluit om elektrisiteitstariewe met gemiddeld 3,6 persent vir die huidige boekjaar te verhoog, wat Dinsdag in werking getree het. Individuele tariefkomponente styg met tussen 1,3 persent en 5 persent, terwyl sommige heffings onveranderd bly. Kosmos 94.1 Nuus het met verbruikersbeskermingsaktivis Milton Louw…
AfriForum het aan die minister van Finansies, Enoch Godongwana, geskryf en eis ʼn onafhanklike oudit van die brandstofprys en -heffing, insluitend die algemene brandstof-, koolstof- en Padongelukkefonds-heffing. Petrolpryse het hierdie maand met een-rand-34-sent per liter gestyg terwyl diesel tussen 2 Suid-Afrikaanse rand-93-sent en 3-rand-15-sent per liter meer kos. Ernst van…
IPC-parlementslid Lilian Lutuhezi het die Nasionale Vergadering se versuim om gebaretaaltolke vir regstreekse parlementêre verrigtinge te ontplooi, bevraagteken. Dit kom drie jaar nadat 'n mosie wat die diens versoek het in September 2023 aangeneem is. Die oorspronklike mosie het gepoog om Namibiese gebaretaal te erken en te verseker dat dowe…
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het bevestig dat die adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, afgedank is. Dit volg na sy versuim om voor ʼn interne polisie-tugverhoor te verskyn in verband met bewerings van wangedrag. Die Arbeidshof het Maandag Khan se dringende aansoek verwerp om ʼn tugproses, wat hom sy werk kon kos,…
3 Sep 3AM
1 min
220 – 240
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.