Die Gautengse Wetgewer se Gemeenskapsveiligheidskomitee het ernstige kommer uitgespreek oor die toename in misdaad in Honeydew, wat as die provinsie se swakste polisiestasie aangewys is. Moord het met elf-persent toegeneem, seksuele oortredings met 22-persent en aanranding met die doel om ernstig te beseer met 26-persent. Die komiteevoorsitter, Bandile Masuku, sê…
Die Lex Libertas Witkruisprojek is geskeduleer vir 25 en 26 September in Washington, D.C., om krisisse in Suid-Afrika uit te lig. Ongeveer 3 000 wit kruise sal op die National Mall geïnstalleer word om slagoffers van plaasaanvalle te herdenk. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Ernst Roets, uitvoerende direkteur van…
Die kampioenskapsvoorloper Kimi Antonelli het vir opwinding gesorg en sy tuiswedren, die Italiaanse Grand Prix, gewen nadat as gevolg van strafpunte vir 'n nuwe enjin, die wedren uit die 19de wegspringplek begin het. Die 20-jarige Antonelli is die eerste Italianer sedert 1966 om by Monza te wen. Sy Mercedes-spanmaat George…
Die Varkprodusentevereniging van Namibië se jaarlikse algemene vergadering en inligtingsdag vind plaas op Woensdag, 9 September by die NLU-raadsaal in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het met verenigingslid Ranga Haikali gepraat, wat boere nooi om aan te sluit en sake rakende die plaaslike varkbedryf te bespreek, sektoropdaterings te ontvang en met…
Die gehoorgestremde gemeenskap het 'n beroep op regeringsinstellings gedoen om dringend van beleidsformulering na direkte dienslewering oor te skakel gedurende die Bewustheidsmaand vir Gehoorgestremdes. Die woordvoerder van die Namibiese Nasionale Vereniging van Gehoorgestremdes, Angelica Massango, sê dat ware vordering met die Hersiene Nasionale Beleid oor Gestremdheid toegewyde staatsbegrotings, streng tydlyne…
Die LPM se nasionale jeugleier, Duminga Ndala, sê die groeiende ontnugtering onder jong Namibiërs word gedryf deur onvervulde politieke beloftes, beperkte jeugdeelname aan besluitneming en verergerende ekonomiese uitdagings. Ndala sê werkloosheid, honger en probleme met toegang tot befondsing maak dit moeiliker vir jongmense om betekenisvol aan burgerlike en politieke prosesse…
Namibië staar hoër inflasie van ingevoerde voedsel in die laaste kwartaal van die jaar in die gesig ná 'n massiewe brandstofprysstyging in Suid-Afrika, waar diesel met tot 3 Suid-Afrikaanse rand en 15 sent per liter gestyg het. Landboukundige Kobus Laubscher waarsku dat omdat Namibië swaar staatmaak op Suid-Afrikaanse landbou-invoere en…
Vyf mense is dood nadat ʼn Amazon-vragvliegtuig van die aanloopbaan gery en aan die brand geslaan het toe dit op die Miami Internasionale Lughawe probeer land het. Vyf ander is beseer waarvan drie in ʼn bedenklike toestand is. Die Amazon Air-vragvliegtuig is een van meer as 250 vragvliegtuie wat die…
President Cyril Ramaphosa het die 12 polisiebeamptes vereer wat gedurende die afgelope boekjaar in die uitvoering van hul pligte dood is. Hy het tydens die SAPD-herdenking in Pretoria gesê die beamptes moet nie as statistieke onthou word nie, maar as familielede en kollegas. Ramaphosa sê polisieveiligheid is almal se verantwoordelikheid…
Bitcoin verhandel teen ongeveer 81 000 Amerikaanse dollar, wat 'n sterk opwaartse beweging oor die afgelope maand weerspieël. Kenners sê dat dit gedryf word deur institusionele invloei en verskuiwende makro-ekonomiese verwagtinge. Kosmos 94.1 Nuus het met Bitcoin Mining Namibia se hoof Bitcoin-beampte, Nikolai Tjongarero, gepraat wat 'n oorsig gee van…
'n Soektog na vermiste bokke het volgens berigte daartoe gelei dat die polisie 'n geheime dwelmlaboratorium in Klipvoorstad, Noordwes, ontdek het. Die provinsiale polisiekommissaris, Arthur Peter Adams, sê beamptes het toerusting ontdek wat na bewering gebruik word om Cat te vervaardig. Een verdagte, vermoedelik die huurder, is in hegtenis geneem,…
Swapo-raadslid Doreen Indongo is tydens 'n buitengewone sitting as die nuwe adjunkburgemeester van Gobabis verkies en het Wynand Lukas, 'n kandidaat vir A Right to Shelter, met vier stemme teen drie verslaan. Die verkiesing volg op 'n gespanne vergadering die vorige dag, waar RTS-verteenwoordigers geprotesteer het teen burgemeester Elwin Gariseb…
Die binnelandse sake-ministerie het sy paspoort-uitreikingsprosedures verduidelik na die IPC se Imms Nashinge kommer uitegespreek het oor langafstand-vragmotorbestuurders en streekshandel. Die ministerie se woordvoerder, Rauna Nyorkor, sê dat staande noodreëlings reeds aktief is om kommersiële bestuurders met gestaafde dringende reisbehoeftes te prioritiseer, met die handhawing van verwerkingstye tussen drie en…
Die departement van water en sanitasie versoek Suid-Afrikaners om te heroorweeg hoe water gebruik word, daagliks en tydens vierings. Dit volg op wydverspreide voorvalle van watervermorsing tydens Lentedag-vieringe, toe mense mekaar met water natgegooi het. Woordvoerder Wisane Mavasa sê hierdie saak is dringend namate Suid-Afrika die gevolge van El Niño…
Sensussyfers van die Namibiese Statistiekagentskap toon dat 14 293 burgers van 60 jaar en ouer, insluitend meer as 400 individue ouer as 80, steeds werk. Arbeidskenner Herbert Jauch sê dit weerspieël 'n sistemiese krisis van lae lone en swak aftreedekking, en sê dat minder as 20 persent van werkers werkplekpensioene…
Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, sê haar departement werk daaraan om die administratiewe las op skoolhoofde en onderwysers te verminder terwyl hulle in geletterdheid en syfervaardigheid belê. Gwarube het tydens die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Skoolhoofde se nasionale konferensie in Polokwane, Limpopo, beklemtoon dat hervormings leeruitkomste moet prioritiseer. Die…
Afgetrede regter Mbuyiseli Madlanga sê miljoene Suid-Afrikaners moet die regte en vryhede wat deur die Grondwet gewaarborg word, nog ten volle ervaar. Madlanga het tydens die Rabinowitz-lesing aan die Universiteit van Kaapstad verwys na volgehoue ongelykheid, kommer oor geregtigheid en verantwoordbaarheid, en uitdagings binne staatsinstellings. Hy het beklemtoon dat dringende…
Die polisie in die Noord-Kaap sê seksuele oortredings het tussen April en Junie met 32,5-persent toegeneem, terwyl verkragtingsake wat met 43,4-persent gestyg het. Provinsiale polisiekommissaris Koliswa Otola sê baie slagoffers ken hul beweerde oortreders, by sommige verkragtingsake is kinders van dieselfde ouderdom betrokke, terwyl ander ouer oortreders betrek. Sy doen…
'n Komiteelid van United Beekeepers of Namibia en professionele byeboer, Chris Lemmer, sê Windhoek ervaar 'n groot toename in residensiële byeswerms in vergelyking met die afgelope drie jaar. Hy sê dat goeie reën, gekombineer met 'n buitengewoon warm winter, veroorsaak het dat byepopulasies reeds in Junie floreer en swerm, maande…
Die Hooggeregshof in Johannesburg het uitspraak voorbehou in die moordverhoor van Bafana Mahungela, wat daarvan beskuldig word dat hy die Sandton-onderwyseres Kirsten Kluyts vermoor het. Kluyts is in Oktober 2023 vermoor terwyl sy aan ’n atletiekbyeenkoms deelgeneem het. Die Staat beweer sy is aan stompkragtrauma en verwurging dood. Mahungela staan…
5 Sep 3AM
1 min
160 – 180
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.