Britse premier Keir Starmer was Woensdag die voorsitter van 'n aanlyn-vergadering van die “koalisie van gewilliges”, 'n groep lande wat bereid is om enige toekomstige vredesooreenkoms tussen Rusland en Oekraïne te help polisieer. Hy het tydens die opening gesê die geskeduleerde ontmoeting tussen presidente Donald Trump en Vladimir Putin is…
Reaksie word ontvang op die Old Mutual Sustainable, Economic and Empowerment Drive, bekend as OM SEED, wat sy vierjaar-lange reis om grondvlak-entrepreneurskap regoor Namibië te bevorder, afgesluit het. Die inisiatief, wat van stapel gestuur is om klein besighede in onderbediende streke te koester, het befondsing, mentorskap en vaardigheidsontwikkeling verskaf om…
Die DA sê die skadelikste ekonomiese struikelblok is die beleid van swart ekonomiese bemagtiging. Die ANC het dit verdedig en gesê bemagtiging is nodig om transformasie in die land te bevorder. Professor William Gumede het bereken die gevolge was dat 100 individue met politieke bande ‘n triljoen Suid-Afrikaanse rand deur…
President Cyril Ramaphosa verwelkom die bekendstelling van die globale raad op waterbeleggings by die Afrika-Unie AIP Waterbeleggingsberaad in Kaapstad. Die inisiatief sal Afrika se Water-beleggingsprogram verhef tot 'n Globale Waterbeleggingsplatform, wat leierskap, befondsing en innovering mobiliseer. Hy beklemtoon dat die raad vordering regoor belangrike forums sal dophou, en water van…
Gesondheidminister dr. Esperance Luvindao het aangekondig dat die cholera- en malaria-uitbrekings tot 'n einde gekom het. Dit is bepaal deur 'n deeglike epidemiologiese assessering. Sy sê sedert die aankondiging van die malaria-uitbreking in Desember is amper 96 000 sake aangemeld, met 154 sterftes. Een cholera-sterfte is aangeteken. Luvindao het die…
Die Amerikaanse justisiedepartment kom onder skoot omdat hy geen kapsie maak oor ‘n hof se bevinding dat Ghislaine Maxwell se grootjurie getuienis onbeteknisvol is en dus, nie bekend gemaak sal word nie. Regsman Jack Scarola, wat meer as 20 slagoffers van Jeffrey Epstein verteenwoordig sê die departement is nie deursigtig…
'n Nuwe wetsontwerp word ontwikkel om die ouditeur-generaal meer onafhanklikheid te gee. Die doel is om aanspreeklikheid en nakoming van die kantoor se voorstelle oor alle regeringsministeries, kantore en agentskappe te versterk. Die wetsontwerp is na die finansminister gestuur vir hersiening. Ouditeur-generaal Junias Kandjeke het meer.
Vandag, 14 Augustus, is die 150ste herdenking van die Genootskap van Regte Afrikaners, 'n organisasie wat in die Paarl, Suid-Afrika, gestig is en instrumenteel was in die bevordering en standaardisering van Afrikaans. Kosmos 94.1 Nuus het met oud-predikant en Afrikaanskenner dr. Callie Opperman gesels oor die belangrikheid van die organisasie.
Suider-Afrika se toerismeleiers het 'n nuwe komitee gevorm om streeksamewerking te verbeter en toerisme te bevorder. Die SAOG Toerisme-alliansie sal fokus op die verhoging van intra-streeksreise en die verbetering van lugverbindings oor die 16 lidlande, met die doel om die streek se volle toerismepotensiaal te ontsluit. Natalia Rosa, projekleier van…
NDP5 het nie sy groei- en hervormingsdoelwitte bereik nie en slegs 58 persent van die teikens bereik. 'n Simonis Storm-verslag noem strukturele hindernisse, hoë koste, swak finansiering, stadige infrastruktuur-ontwikkeling, regulatoriese vertragings en vaardigheidstekorte as sleutelhindernisse, met minimale impak van die 'Groei by die Huis'-strategie. Kosmos 94.1 Nuus het met Almandro…
Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê Suid-Afrika verwerp die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake se verslag oor menseregtepraktyke in die land. Die verkorte opsomming van die verslag lui dat die menseregte-situasie in die land gedurende 2024 aansienlik versleg het, met die ondertekening van die Wetsontwerp op Onteiening in…
Amerikaanse president Donald Trump het by die Kennedy-sentrum in Washington, DC gepraat ná sy aanlyn-ontmoeting met Europese leiers en gesê daar sal ernstige gevolge wees as Russiese president Vladimir Putin vrede in Oekraïne verhinder. Trump het nie genoem wat die gevolge sal wees nie, maar het oor ekonomiese sanksies gewaarsku…
Terwyl natuurlike weiding uitdun, verskuif die aandag na boskos en die rol daarvan om diere gesond te hou. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Dagmar Honsbein, 'n kenner in landbou en boskos gesels. Sy sê winter is ‘n goeie seisoen om boskos te benut maar, boere moet oplet.
Rugby: Die Springbok Jesse Kriel sê hulle verwag ʼn taai stryd teen Australië in Saterdag se Rugbykampioenskaps-kragmeting op Ellispark, al het die Wallabies pas ʼn uitdagende reeks teen die Britse en Ierse Leeus voltooi. Kriel en André Esterhuizen is die senterpaar terwyl Damian de Allende nog van ʼn ligte besering…
Die toerismebedryf is opgewonde oor die aankondiging dat Proflight Zambia 'n nuwe diens met drie vlugte weekliks tussen Lusaka en Windhoek, via Livingstone, sal bekendstel, vanaf 3 Maart 2026. Hierdie diens sal na verwagting toerisme, handel en belegging 'n hupstoot gee, en toegang tot die Victoria-waterval via Livingstone bied. Kosmos…
Tydens 'n inligtingsessie oor bevordering van nakoming van inkomstewette, het NamRA-kommissaris Sam Shivute pogings uitgelig om toesig oor sogenaamde "bestel-met-my"-handelaars te verskerp, en onthul dat nuwe regulasies wat hierdie kwessie aanspreek, by die justisieministerie ingedien is.
Ons sien uiteindelik beweging met die Wet op Toegang tot Inligting. Die inligtingsministerie soek tans nominasies vir die pos van inligtingskommissaris, met 'n sperdatum van 10 September. Die Wet is in 2022 bekragtig, maar het nog nie in werking getree nie. Dit is ontwerp om deursigtigheid en verantwoordbaarheid te bevorder…
13 Aug 10AM
1 min
120 – 140
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.