Die Nasionale Polisiekommissaris, Fannie Masemola, het bevestig dat misdaadsindikate die Suid-Afrikaanse Polisiediens en ander takke van die staat geïnfiltreer het. Hy het gister voor die Parlement se ad hoc-komitee verskyn vir sy slotgetuienis. Die komitee ondersoek beweerde korrupsie en politieke inmenging in die strafregstelsel. Masemola het kommer uitgespreek oor die…
Vroue in magsposisies word gekritiseer oor wat aktiviste beskryf as onvoldoende pogings om geslagsgeweld te bestry. Geslagskenner Ethne Mudge, direkteur van Civic +264, sê feminisme onder kapitalisme is basies vroue wat hulle eie mag probeer beskerm. Sy meen teenoor Kosmos 94.1 daar word net pleisters op geslagsgeweld geplak.
Reaksie word ontvang oor Namibië en Rusland se Inter-regeringskommissie oor Handel en Ekonomiese Samewerking, wat Maandag afgesluit het. Die Russiese adjunk-eerste minister, Yury Trutnev, het onder andere Rosatam se in situ-loging uraaneksplorasie deur Headspring Investments in die Omaheke-streek besing, en op die voordele van mynontwikkeling gewys. Die gesprekke is deur…
Die oorlog in die Midde-Ooste het markte erg deurmekaar gemaak met beleggers wat veilige beleggings soos goud soek. Maar wat van ‘n digitale kommoditeit soos Bitcoin? Dit het met amper 10 persent in die afgelope sewe dae versterk en verhandel rondom 74 000 Amerikaanse dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met…
Verkeersbeamptes in die Stad Kaapstad het 'n taxibestuurder met uitstaande boetes van meer as 220 000 Suid-Afrikaanse rand naby die N2 in hegtenis geneem. Hy was slegs een van 360 verdagtes wat die stad se wetstoepassingsagentskappe die afgelope week vasgetrek het. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê…
Die Trump-administrasie se top-teenterrorisme amptenaar het bedank oor die oorlog in Iran, en het president Donald Trump versoek om van koers te verander. Joe Kent, direkteur van die nasionale teenterrorismesentrum, het in 'n brief op X gesê dat Iran geen onmiddellike bedreiging vir die VSA ingehou het nie en beweer…
Die Namibiese Akkerbouraad nooi belangstellende en potensiële vrugteprodusente reg oor Namibië uit om aansoek te doen vir deelname aan die Vrugtewaardekettingontwikkelingskema. Hierdie inisiatief is daarop gemik om die uitbreiding van vrugteproduksie te ondersteun deur gesubsidieerde produksiemiddele, kapasiteitsbou en markfasilitering. Gilbert Mulonda, die raad se hoofbestuurder vir akkerbou en tuinbou het…
Nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola het aan die parlementêre ad hoc-komitee gesê hy het tydens 'n hoëvlakvergadering die redenasie rondom die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde bevraagteken. Hy sê die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het nie duidelike redes verskaf nie, ondanks kommer van senior amptenare. Masemola voeg by…
Nanso se #LosDieTjoef-veldtog is terug, ondersteun deur Stad Windhoek. Volgens Nanso se statistieke kom damprook onder jongmense die meeste in die Khomas- en Erongostreke voor. Hulle het selfs die tendens by laerskole aangeteken. Die Stad Windhoek het al damprook in openbare spasies verbied. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder…
Parlementslede het vandag gevra vir spesifieke wetgewing om kinderhandel en -uitbuiting te bekamp. Dit volg op die hofverskyning Maandag van Selma Daniel op aanklagte van mensehandel, kinderuitbuiting en kinderverwaarlosing. Sy het na bewering 'n 15-jarige Angolese meisie in die Oshiyagaya-dorpie in die Oshana-streek verhandel, en haar aan dwangarbeid, verhongering en…
Tydens die sitting van die Inter-regeringskommissie oor Handel en Ekonomiese Samewerking tussen Namibië en Rusland het laasgenoemde belangstelling getoon om plaaslike kernkrag te ontwikkel en selfs versoek om eksklusiewe eksplorasieregte te kry in mynwese-sektore soos uraan. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie oor die kernkrag-ontwikkeling by energiekenner Harald Schütt gekry.
Die Namibiese Vervoer- en Taxi-unie doen 'n beroep op beter regulering van die vervoersektor. Die president, Werner Januarie, het die vervoerministerie daarvan beskuldig dat hy nie individue teen rooftogte deur vals taxi's beskerm nie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Januarie dat individue gereeld beroof word deur misdadigers…
Die Madlanga-kommissie het teenstrydige getuienis aangehoor oor die verhouding tussen die geskorste adjunk-nasionale polisie-kommissaris, Shadrack Sibiya, en die KwaZulu-Natalse kommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Sersant Fannie Nkosi het voor die ondersoek getuig die twee het tye van samewerking en spanning ervaar. Hy sê Sibiya het hom al gevra om te help om…
Die vakbond Solidariteit beplan om dringend met die Suid-Afrikaanse en Amerikaanse regerings in gesprek te tree oor 'n ondersoek na beweerde diskriminerende arbeidspraktyke. 'n Ondersoek deur die Kantoor van die Verenigde State se Handelsverteenwoordiger kan lei tot hoër tariewe of handelsbeperkings indien daar bevind word Suid-Afrika het die bepalings oortree…
Simonis Storm se ontleding van Februarie se voertuigverkope toon die beste vertoning vir die maand sedert 2016 en veral passasiersvoertuie het presteer. Ekonoom Almandro Jansen het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en hy sê dit is die Chinese segment in die mark wat verkope aandryf en sou die status quo…
Die Parlementêre Vrouekoukus se nuwe leierskap is die afgelope naweek verkies, met Swapo wat met ses lede oorheers. Die PDM, IPC en LPM het elk een lid in die koukus. Die raad is getaak om pogings te koördineer om te verseker dat wette geslagsensitief is en die spesifieke behoeftes van…
Die vakverbond Cosatu sê hy is bekommerd oor die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika se besluit om van 1 Julie 2026 ʼn verhoging van 9,01-persent in elektrisiteitstariewe goed te keur. Dit is in ooreenstemming met die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur wat munisipaliteite toelaat om tariewe aan die begin hulle boekjaar…
Die Lewendehaweprodusente-organisasie en Meatco het verlede week in Windhoek vergader om die toekoms van die veesektor te bespreek, met die heropbou van vertroue reg oor die beesvleiswaardeketting as 'n sentrale tema. Meatco se leierskap het die belangrikheid van die versterking van deursigtigheid beklemtoon, die verbetering van belyning tussen produsente en…
17 Mar 6AM
1 min
1020 – 1040
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.