Maroela Media Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Weekly Afrikaans South Africa Automotive
355 Episodes
260 – 280

Luister: Wiele2Wiele ry met die Porsche Taycan

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Porsche se eerste ten volle battery-aangedrewe elektriese voertuig, die Porsche Taycan. Hulle gaan ry wind in die hare verder met die Zontes ZT310-T Adventure-motorfiets, gesels oor AutoTrader se ‘2020 Car Industry Report’ en skop stof op met groot plaaslike motorsport nuus.
4 Aug 2020 25 min

Luister: Wiele2Wiele ry met die vuurwarm Megane RS 300 Trophy

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Renault se vuurwarm Megane RS 300 Trophy wat hulle nou self eerstehands beleef het. Hulle is ook beïndruk met Mitsubishi se Eclipse Cross 1.5L en glimlag breed oor die brandstofverbruik wat jy kry van die Zontes ZT310-T Adventure-motorfiets. Dit is nou ‘n goeie tyd om…
28 Jul 2020 24 min

Luister: Wiele2Wiele gesels oor Land Rover se Defender

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Land Rover se langverwagte Defender, gaan ry met Jaguar se F-Pace Chequered Flag en wonder hoe lank jy brandstof kan stoor. Hulle raak opgewonde oor die eerste Moto GP-ren van die jaar en gesels met Clinton Pienaar oor die Julie-uitgawe van die Superbike-tydskrif wat jy…
22 Jul 2020 24 min

Luister: Wiele2Wiele kwyl oor Lamborghini se Sián Roadster

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en nuttige wenke. Hierdie week kwyl Wiele2Wiele oor Lamborghini se kragtigste voertuig nog – die Sián Roadster. Hulle rits ook rond met Ford se gewilde Figo Blu en raak opgewonde…
14 Jul 2020 25 min

Luister: Wiele2Wiele gesels oor Bentley se Bentayga

Hierdie week raak Wiele2Wiele statig met Bentley se splinternuwe Bentayga en raak opgewonde oor Volkswagen Motorsport SA wat hulle GTC-renmotor bekendgestel het. Hulle ry ook met Audi se luukse A7 Sportback. Dan gaan kuier hulle weer om die kampvuur saam met Ironman4x4.
7 Jul 2020 25 min

Luister: Wiele2Wiele ry met VW se Amarok Canyon

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met ʼn bakkie wat voel soos ʼn sportnuts – Volkswagen se Amarok Canyon. As jy jou hande op Renault se Megane RS 300 Trophy wil kry sal jy vinnig moet spring aangesien daar net sewe beskikbaar is. Verkies jy ‘n inlyn-, of V6-enjin en vir…
1 Jul 2020 25 min

Luister: Wiele2Wiele gesels oor 3 uiteenlopende sportnutse

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor drie uiteenlopende sportnutse – die Mitsubishi ASX, Volvo XC60 en oor die nuwe Volkswagen T-Roc. Vir die weeklikse wenk kyk hulle na ‘n 6,7 liter SVI Max 9 gepantserde voertuig en kry hoendervel oor verskillende motorfietsklanke vir 2-wiele.
24 Jun 2020 24 min

Wiele2Wiele: Ons praat oor Jeep, Audi en Ford

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor drie uiteenlopende voertuie: Van die vinnigste produksiesportnutsvoertuig wat nog gebou is tot ʼn besigheidsklas-sedan tot ʼn opgepompte buksie.
17 Jun 2020 24 min

Wiele2Wiele bekyk ʼn ikoniese motor, Mahindra en Honda

Wat kry jy as jy ʼn ikoniese motor se tydlose styl kombineer met ultramoderne tegnologie en ontwerp? Nog ʼn ikoon natuurlik, soos met die Porsche 911 Targa 4S Heritage Design Edition. Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus.
9 Jun 2020 23 min

Luister: Wiele2Wiele ry met die Atos

Hierdie week gesels Wiele2Wiele met Wils Raubenheimer van Hertz Suider-Afrika, wat volstoom aan die gang is ten spyte van Amerika wat swaar trek. Motus sê die beste tyd om ʼn motor te koop is nou en dan gaan ry die span met Hyundai se klein Atos-buksie, wat al ‘n paar…
2 Jun 2020 24 min

Luister: Wiele2Wiele ry met Alfa se Stelvio Q4

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met twee uiteenlopende voertuie – Alfa Romeo se Stelvio Q4-vuurwa en Suzuki se sakpas S-Presso. Hulle gaan kuier om die kampvuur saam met Mic van Zyl van Ironman 4x4 en droom saam van hulle volgende 4x4 avontuur.
26 May 2020 22 min

Luister: Wiele2Wiele gaan terug in tyd saam Porsche

Hierdie week gaan Wiele2Wiele terug in tyd na 1965 toe die eerste Porsche Targa bekendgestel is voor hulle gesels oor die nuwe Porsche 911 Targa 4 en 911 Targa 4S. Die span raak nostalgies wanneer hulle met Rian van Eeden gesels oor sy versameling van Matchbox-karretjies. Hulle gee ook raad…
19 May 2020 24 min

Luister: Wiele2Wiele gesels oor Lamborghini se virtuele bekendstelling

Hierdie week gaan Wiele2Wiele terug in tyd met Gerrida Dickson wat die storie vertel van haar eerste motor. Hulle sien die nuwe Huracán Evo RWD Spyder in hul eie motorhuis nadat Lamborghini die voertuig virtueel deur middel van verhoogde realiteit (augmented reality) bekend gestel het. Hulle gesels oor BST-koolstofveselvellings en…
12 May 2020 24 min

Luister: Wiele2Wiele gesels oor GTI en Corolla Sedan

Hierdie week raak Wiele2Wiele nostalgies oor die ikoniese GTI-handelsmerk in Suid-Afrika. Hulle praat verder oor Toyota se planne, insluitend die nuwe Toyota Corolla Sedan en daar is motorsportnuus. Daar word ook gekyk na voertuie wat op petrol en gas loop en vir 2Wiele het SuperBike Magazine vir jou fantastiese nuus…
5 May 2020 25 min

Luister: Wiele2Wiele gesels oor Toyota se planne, Motor van die Jaar-wenners

Hierdie week gesels Wiele2Wiele met Toyota Suid-Afrika oor sy onmiddellike planne rakende die Covid-19-pandemie en daar word gekyk na die wenners van AutoTrader se Motor van die Jaar-kompetisie. Verder word daar saam met Ironman 4x4 om die spreekwoordelike kampvuur gekuier en die span raak nostalgies saam met Suzuki SA wanneer…
28 Apr 2020 25 min

Luister: Wiele2Wiele gesels oor aanlyn inisiatiewe

Hierdie week vertel Wiele2Wiele hoe jy die aankondiging van AutoTrader se Suid-Afrikaanse Motor van die Jaar kan kyk. Intussen gaan MasterDrive aanlyn met gevorderde-bestuurskursusse en hulle ‘E-Learning’-program.
21 Apr 2020 25 min

Luister: Wiele2Wiele gesels oor Jaguar Land Rover wat help met Covid-19

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Jaguar Land Rover SA wat aktief besig is saam met die Suid-Afrikaanse Rooikruisvereniging te midde van die Covid-19-pandemie en hoe hulle tot Jesse Kriel se redding gekom het voor die afsonderingstydperk begin het. Intussen sê Volvo Suid-Afrika daar is lig aan die einde van die…
7 Apr 2020 24 min

Luister: Wiele2Wiele gesels oor nuwe 12de generasie Corolla

Tydens die nasionale inperking bly Wiele2Wiele se wiele nog spreekwoordelik aan die rol – hulle gesels oor die nuwe 12de generasie Toyota Corolla – praat oor sagterware wat al jou geheime verklap, Braam Smit van ZA Bikers inspireer ons met ‘n 2Wiele storie en dan gaan Ironman 4x4 jou help…
31 Mar 2020 24 min

Luister: Wiele2Wiele oor Lambo se Hurucán Evo en Urus

Hierdie week vir Wiele2Wiele gaan die klanke van Lamborghini se Huracán Evo en Urus Super Sportnuts jou laat glimlag. Suzuki SA laat nie toe dat ‘n virus hulle moed breek nie en gaan digitaal met die bekendstelling van die nuwe S-presso. Die span vertel jou wat gebeur as jy sonder…
24 Mar 2020 24 min
260 – 280